Fliekresensie: Boeiende reeks smokkel met jou kop

Lies and Deceit (Mentiras) (Netflix)
Met Angela Cremonte en Javier Rey
Skepper: Curro Novallas

Toemaar, moenie dat al daardie vreemde name jou afskrik van dié lekker stromingsreeks nie. Dis oorgeklank. ʼn Vrou (Angela Cremonte) wat aan angsversteurings ly, ontmoet ʼn aantreklike Spanjaard (Javier Rey) in ʼn eetplek en besluit om hom na haar huis toe te nooi. Hulle raak romanties.

Wanneer sy die volgende oggend wakker word, is sy daarvan oortuig dat sy verkrag is. Sy maak ʼn saak teen die man aanhangig. Maar hy is ʼn dierbare, saggeaarde dokter. Hoekom sou hy so iets doen?

Die vraag wat deurgaans gevra word, is (soos die titel aandui): Is sy mislei? Verbeel sy haarself? Jok sy doelbewus? Het die sagmoedige dokter haar werklik aangerand? Of steek daar meer hieragter as wat enigiemand vermoed?

Lies and Deceit (Mentiras) sal jou laat raai en gis, maar jy sal aanhou kyk, moontlik selfs na al ses episodes op een dag! Dit is so boeiend en smokkel dikwels met jou kop. Dit sal ʼn naweek soomloos laat verbyglip.

Die reeks staan ook bloot as Liar bekend.

Slegs op Netflix.

Leon van Nierop resenseer weekliks rolprente soos hierdie een op sy Facebook-blad. Besoek ook sy blad vir resensies oor rolprente met lokprente en interessante feite.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.