Fliekresensie: ‘Fabelagtige’ Spielberg-fliek vir ernstige fliekvlooie

THE FABELMANS
⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐/10
Met Gabriel LaBelle en Michelle Williams
Regisseur: Steven Spielberg
(Slegs in teaters)

Hokaai! Stop die bus en klits daai bolla weer vas in die nek! Jy sien Steven Spielberg se naam, en gryp solank die motorsleutels, want jy het mos reeds die nuwe Avatar gesien.

Moenie mislei word nie. Hoewel The Fabelmans een van die geliefde regisseur se beste rolprente is, is dit alleenlik op mense gerig wat hul flieks ernstig opneem en meer van Spielberg as seun wil weet.

Hierin maak die regisseur sy hart oop en verduidelik hy wat hom geïnspireer het om ʼn rolprentmaker te word. Onder meer die feit dat sy ma ʼn verhouding met sy oom begin het en dat visuele beelde hom oorweldig het. Hy wys ook hoe hy sy eerste kortprente gemaak het en hoe redigering, kinematografie, draaiboeke en stelinkleding bepalende rolle speel in die maak van rolprente.

Seth Rogen en Michelle Williams in ‘The Fabelmans’. (Foto: IMDb)

Dis deerniswekkend, want ons sien reeds spore van sy klassieke ET The Extra Terrestrial en Close Encounters of the Third Kind, maar die jong Steven Spielberg het eintlik met Westerns begin. En ook bewys dat indien ʼn mens alles gee, jou rolprente dikwels ʼn groot sukses kan wees.

The Fabelmans beweeg redelik stadig, want dit word in die vorm van ʼn belydenis vertel. As jy dus ʼn Spielberg-aanhanger is, mag jy saamstem met die punt van 9/10. Dit gaan ook ʼn groot Oscar-deelnemer wees.

The Fabelmans is ʼn Hollywood-fabel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.