Fliekresensie: Halfgebakte ‘Ant-Man’ stel teleur

ANT-MAN AND THE WASP: QUANTUMANIA
⭐⭐⭐⭐⭐/10 
Met Paul Rudd en Evangeline Lilly
Regisseur: Peyton Reed
(Slegs in teaters)

ʼn Mens is eintlik jammer om dit te sê, maar Ant-Man and the Wasp: Quantumania is nie so goed soos almal verwag nie. Om die waarheid te sê: Dis klop ʼn bietjie hier en gryp ʼn bietjie daar, want die draaiboek weet nie behoorlik wat hy wil wees nie, en is ʼn mengsel van deurmekaar stories.

Ant-Man, gespeel deur Paul Rudd, se dogter, die verrassende goeie Kathryn Newton, ontketen onverwags ʼn newe-wêreld waar miere heers, en haar hele gesin word daarheen gestuur. Pa en dogter aan die een kant, en ma, ouma en oupa word geskei.

Hoe kom hulle weer by mekaar uit? Sal hulle die Conqueror, ʼn uitstekende en gesaghebbende Jonathan Majors, oorwin en terugkeer na hul gewone wêreld?

Dit gaan eintlik oor gesinsbande en ʼn pa en dogter wat mekaar herontdek en opnuut leer om mekaar te waardeer. Ant-Man verdwyn egter soms lank uit die fliek wat dan ʼn wanbalans teweegbring. Ons mis die held, sy humorsin, sy selfbewustheid en sy lompheid.

Kathryn Newton en Paul Rudd in ‘Ant-Man and the Wasp: Quantumania’. (Foto: IMDb)

Ja, die spesiale effekte (CGI) en stelle is oorweldigend en oorbluf ʼn mens, maar ʼn fliek kan nie net op goeie spesiale effekte staatmaak nie. Dit moet ʼn hart en ʼn doel hê, en dit het Ant-Man and the Wasp: Quantumania nie, wat veroorsaak dat dit ʼn teleurstellende 5/10 kry.

Jy kan gaan kyk as jy eintlik nie omgee oor hoe goed of sleg dit is nie, maar dit sluit nie aan by sy voorgangers nie. Slegs in teaters. Sien Ant-Man and the Wasp: Quantumania op IMAX, XTREME en 4DX.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SwartBees ·

Hou maar verby. Ek kyk eerder hoe my plastiek gras groei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.