Fliekresensie: Joaquin Phoenix ‘briljant’ as Napoleon in geskiedenisfliek

NAPOLEON
⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐ (7/10)
Met Joaquin Phoenix en Vanessa Kirby
Regisseur: Ridley Scott
(In teaters)

Hoeveel ouer mense onthou nog hoe hulle geworstel het om in hulle onthou-laaitjie te krap waar al die Napoleontiese oorloë se datums opgesluit was? Net om vir die res van die dag met seer boude halfpad van jou bank af te probeer konsentreer.

Nou het Ridley Scott hierdie voortgedrewe oorlogsbevelvoerder ʼn nuwe gesig gegee in die rolprent Napoleon. Joaquin Phoenix speel hom briljant.

Hy konsentreer nie net op sy voortvarende verwaandheid en patriotisme nie, maar ook op sy gebreke, swakhede, vasbeslotenheid om ʼn erfgenaam te hê, en sy uitrafelende huwelik met Josephine, wat Vanessa Kirby pragtig gestalte aan gee.

Dit is ʼn lang, uitmergelende sit met veldslae wat verstommend realisties geskiet is, geweld, arrogansie, dramatiese politieke verwikkelinge, en die slag van Waterloo waar die arrogante klein mannetjie met die ego van ʼn reus sy moses teëgekom het.

Joaquin Phoenix in ‘Napoleon’. (Foto: IMDb)

Napoleon gee jou dus ʼn blitskursus in Napoleon Bonaparte se geskiedenis, maar of hom werklik gaan leer ken, is ʼn ope vraag.

Die rolprent is 2 uur 40 minute lank. Besluit self of jou dors na Napoleon se loopbaan, triomfe en mislukkings groot genoeg is vir dié teaterbesoek. Dit is vermoeiend, gee nooit die volle prentjie nie, en sit dikwels die pot mis.

(7/10)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Toergids ·

Deze persoon speelde een zeer belangrijke rol in de ontwikkeling van de Afrikaner, daarom zou deze film onder hen erg populair moeten zijn

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.