Fliekresensie: Kinkels in wetenskapsfiksie betrap jou onkant

KNOCK AT THE CABIN
⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐/10
Met David Bautista en Jonathan Groff
Regisseur: M. Night Shyamalan
(Slegs in teaters)

In Knock at the Cabin neem twee manne ʼn kind aan en hou vakansie in ʼn afgeleë houthuis in die bosse.

Heel onverwags daag vier mense met wapens op en dreig om hulle dood te maak. Die rede? Die planeet gaan binnekort vernietig word, en nét hulle kan dit keer.

Van hier af vind daar ʼn titaniese stryd tussen die besoekers en die paartjie plaas met grusame gebeure wat afspeel.

Die storie is natuurlik vergesog, want dis wetenskapfiksie, maar die regisseur van The Sixth Sense, M. Night Shyamalan, voeg soveel kinkels in die verhaal dat dit die gehoor telkens heeltemal onkant betrap en hulle alles laat glo wat hulle sien.

Boonop is ʼn mens later verward. Is hierdie vier mense werklik booswigte? Of het hulle ʼn punt beet?

Nikki Amuka-Bird, Dave Bautista en Abby Quinn in ‘Knock at the cabin’. (Foto: IMDb)

Shyamalan weet hoe om jou met sy kamera en beligting te terroriseer, maar dis die diaboliese wendings en skokkende gebeure wat jou vasgenael sal hou.

Was jy lanklaas in ʼn fliekteater? Probeer weer in die gewoonte kom om ʼn riller saam met ʼn gehoor te geniet, toe? Jy sal dikwels net so groot vir hul reaksie op Knock at the Cabin skrik as vir jou eie.

Dit herstel Shyamalan, wat onlangs maar bedenklik by die loket gevaar het, se reputasie in ere.

Knock at the Cabin, slegs in teaters te sien, ontvang ʼn welverdiende 7/10.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Grens ·

Belangstelling verloor by “twee manne neem ‘n kind aan”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.