Fliekresensie: Marvel-meisies se fliekverhaal ‘sit pot mis’

THE MARVELS
⭐⭐⭐⭐⭐ (5/10) 
Met Brie Larson en Iman Vellani
Regisseur: Nia DaCosta
(In teaters)

Die rolprent is met luide trompetgeskal aangekondig, maar ongelukkig sit dit die pot mis met ʼn paar skeure in die vroue se knap ruimtepakkies. Tot so ʼn mate dat dit as ʼn mislukking by die loket bestempel word, selfs ʼn flop.

Carol Danvers, oftewel Captain Marvel, span saam met twee ander Marvel-vriendinne om nie net ʼn towerarmband te kry nie, maar ook om die heelal te red. In die proses kom hulle teen die bose Dar-Benn te staan.

Wat hier skort, is ʼn stewige storie sodat ʼn mens vasgevang na die rolprent sal kyk, en ʼn stewige produk wat bokant dié van haar voorgangers kan uitstaan. Dit kom voor asof dit afgejaag is en daar nie behoorlik aandag aan karakterisering of die vloei van die storie gegee is nie.

Die verhaal spring rond en bont sodat ʼn mens gou verstrengel raak in karakters en los storieslenters. Boonop moet jy die Marvel-meisies se geskiedenis ken om by te hou.

Brie Larson, Teyonah Parris en Iman Vellani in ‘The Marvels’. (Foto: IMDb)

Kykers wat egter dol is oor ʼn oormaat aksie en spesiale effekte wat opgetert word sodat dit die grootste gehoor denkbaar kan trek, sal bes moontlik aanklank vind. In die Marvel-heelal maak dit egter nie eens ʼn duik nie.

The Marvels wys tans slegs in teaters. Dit is erg gemiddeld en kry 5/10.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

George ·

Die probleem is, nie een van hierdie dames is sterk genoeg actor om so n fliek te dra nie. Dalk as hulle Viola Davis of so gebruik het wat n rol kan dra. Maar die, was uiters swak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.