Fliekresensie: Resepmatige fliek laat kykers dwarsdeur gaap

THE BRICKLAYER                    
⭐⭐⭐⭐ (4/10)
Met Aaron Eckhart en Nina Dobrev
Regisseur: Renny Harlin
(In teaters)

Resensies kan nie altyd met juigkrete gepaard gaan nie en fliekgangers sal my dikwels verwyt met: “Hoekom het jy my nie daarteen gewaarsku nie, want nou het ek my geld gemors?”

Hier kom ʼn aanmaning: Vanjaar het ons al twee patetiese rolprente gesien waar mense regtig vies was nadat hulle uitgestap het. Dit was die bombasties-oordrewe Argylle en toe die honende loketbom van die jaar, Madame Web, waarmee daar selfs herhaaldelik by die Oscars gespot is.

Die derde rolprent, wat vanjaar in daardie voetspore volg, is The Bricklayer. Wees versigtig, dit is nie soos The Beekeeper, wat reeds vier weke lank Suid-Afrika se gewildste fliek naas Dune Part Two is nie. Dis so resepmatig, jy kan melktert daarvan maak.

ʼn Oud CIA-agent, wat deesdae (ha-ha) stene lê om te ontsnap van die trauma, word vir oulaas opgeroep om ʼn magtige skurk te uitoorlê wat voorgee dat die CIA mense vermoor.

Nina Dobrev en Aaron Eckhart in ‘The Bricklayer’. (Foto: IMDb)

Die resep is verstikkend patroonmatig. Woeste gevegte, reise na vreemde lande, strak dialoog, uitdrukkinglose gesigte en wilde gevegte is aan die orde van die dag. En so word die patroon herhaal tot die laaste titanies-oordrewe geveg.

Jy gaap jou pad tot by die einde van The Bricklayer as jy tot by die slottitels bly sit. Pas op. Jy gaan jou geld mors.

(4/10)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.