Fliekresensie: ‘Transformers’-robotte ‘bedrieglik eenvoudig’

TRANSFORMERS: RISE OF THE BEASTS         
⭐⭐⭐⭐⭐/10  
Met Anthony Ramos en Luna Lauren Velez
Regisseur: Steven Caple Jr.
Beperking: 13. Taal. Geweld
(In teaters)

Fliekgangers, sif van robotte wat mense verwoes, van gedaante verander om ʼn nuwe masjiengestalte aan te neem en ʼn dolle geraas, sal moontlik ʼn wortelkanaalbehandeling verkies in plaas van die jongste Transformers: Rise of the Beasts wat teaters nou landwyd ratel en skud.

Die opsomming is bedrieglik eenvoudig. Dekades gelede het ʼn nuwe weergawe van die Transformers, die Maximals, by die Autobots aangesluit om die aarde te kry. (Hou jy nog by?) Nou veg die mens ook om hul voortbestaan tussen die masjiene.

As daardie opsomming jou nie laat regop sit het nie, laat hierdie aksie-ekstravaganza by jou verbygaan. Dit is eintlik maar Hollywood se manier om te spog met hoe tegnologies ontwikkeld hulle geraak het. Ten minste wérk hul robotte, anders as ons s’n!

‘Transformers: Rise of the Beasts’ is nou in teaters. (Foto: IMDb)

Die reeks het in 2007 begin, en trek nou by die sewende hoofstuk. In elkeen raak die aksie meer geweld-behep, die spesiale effekte groter en die stories dunner, hoewel hierdie jongste een darem beter is as sy Michael Bay-voorgangers.

Dit sluit meer aan by 2018 se gewilde Bumblebee, en dié slag speel die mense darem ʼn groter rol as tevore, en gee die rolprentmakers meer vir hulle om as vir die masjiene.

Transformers: Rise of the Beasts word slegs aanbeveel as aksie jou pitkos is en die geweld van die robotte jou vir twee uur van die chaos in ons land en die slegte nuus laat vergeet.

  • Kykers moet let op die ouderdomsperke en waarskuwings, en daarvolgens besluit of hulle na ʼn reeks of rolprent wil kyk. Die waarskuwings word duidelik aangebring wanneer daar op die reeks se naam geklik word, of verskyn op rolprentplakkate, of bo regs op die TV-skerm. L kan ook laster suggereer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

KatjieDeKat ·

Ek kyk bloedweinig Amerikaanse flieks of reekse. Feitlik nooit vandat Woke alles binnegedring het. Ook is hul flieks maar baie afgesaag en voorspelbaar, in die algemeen. Ek hou van Asiatiese produksies, veral uit Suid Korea. Sommige Skandinawiese en Europese produksies is ook baie goed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.