Hier is die lokprent van die jongste Marvel-rolprent

Die plakkaat is saam met die lokprent vry gestel (Foto: verskaf)

Marvel Studios het tydens die Super Bowl die lokprent van die Doctor Strange-opvolgrolprent bekend gestel.

Doctor Strange in the Multiverse of Madness delf dieper in die wêreld wat Marvel vir die karakters geskep het.

Die rolprent is gegrond op die Marvel Comics-held met dieselfde naam. Dit dien ook as opvolgrolprent vir Doctor Strange, Avengers: Endgame, WandaVision en Spiderman: No Way Home. Dit is die 28ste rolprent in die Marvel-wêreld (oftewel die Marvel Cinematic Universe).

Dié aksiebelaaide rolprent is propvol bekende gesigte. Benedict Cumberbatch, Chiwetel Ejiofor, Elizabeth Olsen, Benedict Wong, Xochitl Gomez, Michael Stühlbarg en Rachel McAdams is almal daarin te sien.

Die regisseur is Sam Raimi en die rolprent word vervaardig deur Kevin Feige.

Doctor Strange in the Multiverse of Madness sal van 6 Mei vanjaar in teaters te sien wees.

Kyk hier na die lokprent:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.