Jongste ‘Guardians’-rolprent uitstappie fliekteater toe werd

‘Guardians of the Galaxy: Vol. 3’ tref fliekteaters vandag. (Foto: verskaf)

Die jongste aflewering in Marvel se Guardians of the Galaxy-rolprentreeks sal enige fliekganger, aksie-aanhanger al dan nie, op die punte van hul stoele hê.

Guardians of the Galaxy: Vol. 3 is ’n aksie-belaaide fliek, met ’n tikkie romanse, ’n vragvol absurde, dog boeiende oomblikke, en ’n storielyn wat enigiemand vasgenael voor die skerm sal hou.

In dié insetsel van die fliekreeks poog die guardians om een van hul spanlede, Rocket, se lewe te red. Met talle interessante kronkels en draaie, lei die verhaal terug na Rocket se ontstaan en waar hy eintlik vandaan kom.

Dié storielyn lei natuurlik na ʼn vreesaanjaende booswig, vertolk deur Chukwudi Iwuji, wat die wêreld sy eie wil maak.

Dit sal vir nou die laaste Guardians of the galaxy­­-rolprent wees waarin Chris Pratt te siene is, nadat hy in 2022 bekendgemaak het dat hy ʼn blaaskans van dié flieks gaan neem.

Zoe Saldanha (Gamora), Karen Gillan (Nebula), Vin Diesel (Groot), Dave Bautista (Drax), Pom Klementieff (Mantis) en Bradley Cooper (Rocket) is weer saam met Chris in die rolprent te siene.

Sylvester Stallone het in ʼn klein, maar indrukwekkende rol, ook sy verskyning in die fliek gemaak.

Gilmore Girls se Sean Gunn is as Kraglin te sien, terwyl Elizabeth Debicki, bekend vir haar rol as prinses Diana in The Crown, as Ayesha te siene is. Dit is ook die eerste keer wat Will Poulter in die rolprent speel.

Terwyl dit deesdae die norm is om flieks vanuit die gemak van jou eie sitkamer op een van die talle stromingsdienste te kyk, is dié fliek beslis die uitstappie na jou plaaslike fliekteater werd.

Met musiek uit die boonste rakke, uitstekende spesiale effekte en aksiebelaaide tonele, is dié fliek beslis een wat jy op die grootskerm gaan wil sien.

  • The Guardians of the Galaxy: Vol. 3 sal vanaf Vrydag 5 Mei in fliekteaters te siene wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wikkie ·

Jong, ek het van die vorige twee Guardians of the Galaxy films gehou. Veral die humor daarin. Dit laat mens opgewonde oor die vooruitsig van ‘n opvolg film. Maar deesdae word Hollywood films toeneemend ‘n platform vir die propaganda van die nuwe “woke” metaliteit. Dit maak my versigtig om enige fillm of reeks te gaan kyk. Sal eers bietjie meer uitvind oor hierdie een voordat ek ‘n besluit daaroor neem om re gaan kyk. Altyd lekker om Maroela se webtuiste te besoek. Dankie vir die nuus wat julle vir ons bring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.