Passiespel kom draai Paasfees op silwerskerms

Die rolprent “The Thorn” sal by uitgesoekte teaters wys hierdie Paasnaweek. (Foto verskaf)

Christene kan van 6 tot 10 April die wêreld van antieke Jerusalem beleef en die verhaal van Jesus Christus op die grootskerm aanskou.

The Thorn, ʼn visueel verstommende en kragtige emosionele teateruitbeelding van Jesus se lewe, dood en opstanding, vertoon vir die eerste keer by uitgesoekte teaters in Suid-Afrika tydens Paasnaweek.

Dit is beslis nie net jou gemiddelde passiespel nie. The Thorn bevat ʼn skitterende kombinasie van uitvoerende kunste, lugakrobatiek en asemrowende vertonings wat gehore in die VSA al vir byna twee dekades betower.

The Thorn het ʼn groot rolverdeling van beide professionele en vrywillige kunstenaars wat die hart van die boodskap deel. Dit voeg selfs net meer diepte en egtheid tot hierdie tydlose ware verhaal. So gee die akteurs lewe aan die onvergeetlike verhaal van liefde, opoffering en verlossing.

Die rolprent volg Jesus se reis van sy geboorte na sy wonderbaarlike lering, sy inhegtenisname, kruisiging en uiteindelik ook sy opstanding. Die resultaat is ʼn boeiende ervaring wat ʼn mens laat lag, huil en tot in jou kern roer.

‘n Skermgreep uit “the Thorn”. (Foto verskaf)

“Hierdie produksie sal gehore terug in tyd voer en op ʼn reis deur een van die belangrikste stories in die geskiedenis neem,” het Benjamin Cowley, uitvoerende hoof van die Gravel Road Distribution Group, gesê.

Cowley meen The Thorn is nie net nog ʼn toneelstuk nie, maar eerder ʼn ervaring wat ʼn ewige afdruk op ʼn mens se hart laat.

“Enige kyker sal dit aangrypend vind.”

Teaters waar The Thorn uitgereik sal word:

Gauteng:

(Foto verskaf)

Nu Metro

  • Clearwater Mall (Roodepoort)
  • Menlyn Park (Pretoria)
  • Woodlands (Pretoria)
  • Westgate (Roodepoort)

Sterkinekor

  • Brooklyn Commercial (Pretoria)
  • Cresta (Randburg)
  • Rosebank (Johannesburg)

Onafhanklik

  • Century CinemaX (Roodepoort)

Wes-Kaap:

(Foto verskaf)

Nu Metro

  • Blue Route (Kaapstad)
  • Canal Walk (Kaapstad)
  • Somerset (Kaapstad)
  • The Glen (Kaapstad)
  • Tygervalley (Kaapstad)
  • Worcester

Vrystaat:

Nu Metro

  • Loch Logan (Bloemfontein)
  • The Strip (Welkom)

KwaZulu-Natal:

(Foto verskaf)

Nu Metro

  • Ballito Junction (Ballito)
  • The Pavilion (Durban)

Ster-Kinekor

  • Gateway Commercial (Durban)

Onafhanklik

  • CineCentre (Pietermaritzburg)
  • CineCentre (Suncoast, Durban)

Oos-Kaap:

(Foto verskaf)

Nu Metro

  • Boardwalk Casino (Gqeberha) (Port Elizabeth)

Ster-Kinekor

  • Garden Route (George)

Limpopo:

Nu Metro

  • Masingita Mall (Giyani, Limpopo)

Vir meer inligting oor The Thorn besoek www.thornmovie.co.za

Kyk die lokprente hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.