Resensie: Thaise reddingspoging nou boeiende reeks

THAI CAVE RESCUE    
⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐/10  
Met Papangkorn Lerkchaleampote en Pratya Patong
Regisseur: Kevin Tancharoen
(Slegs op Netflix)

Die meeste mense ken die skokkende ware verhaal van 12 sokkerspelertjies en hul afrigter wat vir 18 dae in ʼn grot in Thailand vasgekeer was.

Thai Cave Rescue dramatiseer die gebeure in so ʼn vorm dat dit jou vir ses episodes mag boei. Dit wys hoe onselfsugtig en braaf mense kan wees en vir twee weke was die hele wêreld saamgesnoer om die seuns te probeer red.

Duikers moes 13 keer omtrent vier kilometer onderwater met elke seun swem om sodoende hul lewe te red. Verskeie oomblikke van hoë drama word gewys, maar tonele agter die skerms waar die Taiwannese regering en verskeie lande se weermagte en duikers bymekaargekom het om hulp aan te bied, is ook gedramatiseer. Moontlik is daar bietjie met die waarheid gesmokkel.

Baie mense sê jy moet ook na die dokumentêr kyk, een daarvan ook nou op Netflix, waarin die slagoffers reguit praat oor wat werklik gebeur het. Daar sal jy die volle waarheid hoor en sien.

Thai Cave Rescue. (Foto: IMDb)

Feit bly staan, al het jy die gebeure op die nuus in 2018 gevolg, sal hierdie reeks jou tot binne-in die grotte neem. En jou selfs onderwater saam met die swemmers vat en wys hoe daar met elk van die seuns geswem is.

Dis ʼn unieke en fassinerende, pakkende reeks waar die onmoontlike moontlik gemaak is en 10 000 mense bymekaargekom het om elk, op sy of haar manier, ʼn brawe bydrae te lewer tot die reddingspoging.

Thai Cave Rescue is slegs op Netflix, en sal jou in stomme verbasing en verwondering laat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.