Silwerskermfees-benoemings vir kortflieks, dokumentêre bekend

“Die swart draak ontwaak” is een van die kortflieks wat ‘n hele paar benoemings by vanjaar se Silwerskermfees ontvang het. (Foto: Die swart draak ontwaak/Facebook)

Die room van die Afrikaanse rolprentbedryf vind eersdaags uit wie met ʼn gesogte Silwerskermbeeldjie in die sak huiswaarts sal keer.

Die Silwerskermfees se tegniese toekennings vind Saterdagoggend in Kampsbaai plaas en die Silwerskermtoekennings daardie aand by die Cape Town International Convention Centre (CTICC) in Kaapstad. Dié toekennings vereer die rolprentmakers van verskeie kortflieks, speelflieks en dokumentêre wat tydens vanjaar se Silwerskermfees ten toon gestel is.

Kortflieks soos As; Die swart draak ontwaak; Die blokke; en Werpsel het benoemings vir regie, kinematografie en toneelspel ingepalm. Dokumentêre wat benoem is sluit Besmet; ʼn Gids vir Louzanne; Call of the Wild; en Langafstand in.

Hiermee ʼn lys van al die Silwerskermbenoemings:

Kortfliek: beste akteur

  • Gershwin Mias – Die blokke
  • Gustav Gerdener – Werpsel
  • Lee Roodt – Die swart draak ontwaak
  • Tiaan Luyt – ʼn Doop om stilte

Kortfliek: Beste aktrise

  • Anré Bouguenon – Thrift tot die dood
  • Laura-Lee Mostert – Karen
  • Marguerite van Eeden – Volle bors
  • Roeline Daneel – As

Beste kortfliek

  • As
  • Die blokke
  • ʼn Doop om stilte
  • Hier I daar

‘n Skermgreep uit die kortfliek “Die blokke” wat ook benoem is tydens vanjaar se Silwerskermfees. (Foto: Die blokke/Facebook)

Kortfliek: Beste kinematografie

  • Alfonzo Franke – Die blokke
  • Jason Prins – ʼn Doop om stilte
  • Johannes Pieter Nel – As
  • Johannes Pieter Nel – Die swart draak ontwaak

Kortfliek: Beste oorspronklike klankbaan

  • Cream Machine – Die blokke
  • Edward George King – Volle bors
  • Janka Smit – As
  • Wesley West – Dans dat die biesies bewe

Kortfliek: Beste klankontwerp

  • Adriaan Drotsché – Die swart draak ontwaak
  • Alex la Cock – Hier I Daar
  • Joseph Bicknell – ʼn Doop om stilte
  • Sarel van Vuuren – Werpsel

Kortfliek: Beste redigering

  • Jenine Lindeque – As
  • Johannes Pieter Nel – Die swart draak ontwaak
  • Mizo Maclean – Die blokke
  • Regardt Visser – ʼn Doop om stilte

Kortfliek: Beste produksie-ontwerp

  • Beate Jordaan – As
  • Burger Meyer – Karen
  • Frances Botha – Hier I daar
  • Reg Hart – Thrift tot die dood

Kortfliek: Beste draaiboek

  • Melissa Myburgh – Hier I daar
  • Nisa Hockey – As
  • Roxanne Blaise en Mujaahid Valley – Die blokke
  • Zenobia Kloppers en Monique Seigels – Helmhart

Kortfliek: Beste regie

  • Arné Adriaan Boshoff – Thrift tot die dood
  • Emile Badenhorst en Kanya Viljoen – ʼn Doop om stilte
  • Redione Stephens – Die swart draak ontwaak
  • Roxanne Blaise – Die blokke

Beste dokumentêr

  • Besmet
  • ʼn Gids vir Louzanne
  • Langafstand

Dokumentêr: Beste regie

  • Brett de Groot – Call of the Wild
  • Charlene Stanley – ʼn Gids vir Louzanne
  • Reginald Hufkie en Frankie Opperman – Langafstand

Dokumentêr: Beste redigering

  • Adi van der Walt – Besmet
  • Charlene Stanley – ʼn Gids vir Louzanne
  • De Wyk Pretorius – Call of the wild

Dokumentêr: Beste klankontwerp

  • Adi van der Walt en Richard Hedges – Besmet
  • Renier van Niekerk – Call of the wild
  • Paul Theodurou – ʼn Gids vir Louzanne

Aanbieders en persoonlikhede wat vir puik vermaak op die kleinkassie gesorg het, is ook benoem. Lees hier meer daaroor op Maroela Media.

Die Silwerskermtoekenningsgeleentheid sal op Sondag 27 Augustus om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.