Sterre van ‘Poppie Nongena’-fliek trek saam in Johannesburg

Clementine Mosimane (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Die sterre van die splinternuwe Afrikaanse fliek, Poppie Nongena, het Donderdagaand in Sandton City saamgetrek vir die première van dié lankverwagte Christiaan Olwagen-rolprent.

Olwagen het op die rooi tapyt skouers geskuur met akteurs soos Anna-Mart van der Merwe, Rolanda Marais, Clementine Mosimane, Nomsa Nene, Chris Gxalaba en Themba Ntuli, wat almal in dié rolprent verskyn.

Die draaiboek is deur Olwagen en Saartjie Botha geskryf. Die fliek is vervaardig deur Helena Spring.

Poppie Nongena is geskoei op Elsa Joubert se roman van 1978, Die swerfjare van Poppie Nongena deur, wat beskou word as een van die beste Afrikaanse romans van die 20ste eeu.

“Die verhaal van Poppie is ʼn belangrike verhaal vir Suid-Afrikaanse vroue, ongeag kleur of geloof. Dit gaan oor Poppie se individuele reis,” het Mosimane aan Maroela Media gesê. Sy vertolk die rol van Poppie in die fliek.

“Sy moes ʼn reus van ʼn regering in die oë staar, maar sy kon steeds opstaan teenoor hulle en vir dít waarin sy glo. Vir ons as ʼn land is dit belangrik om terug te kyk en te sien wat ander vroue deurgemaak het. Is ons uitdagings meer as Poppie se uitdagings? Is ons beter as Poppie?”

Anna-Mart van der Merwe, wat die rol van Antoinette Swanepoel, Poppie se werkgewer, vertolk, het gesê die verhaal van Poppie is ʼn belangrike een vir alle Suid-Afrikaners.

“Dit is belangrik vir ons om weer terug te kom na menslikheid. Ons moet stil word en rustig word en mekaar se stories aanhoor. Régtig hoor. Ek praat oor ouderdomsgrense heen, geslagsgrense, kleurgrense. Almal van ons wat aan Poppie gewerk het, wat so ʼn bietjie moes terug gaan na die sewentigerjare en na die Suid-Afrikaanse samelewing van daai tyd moes kyk, het besef ons het aangeskuif, maar nog nie genoeg nie,” het sy gesê.

Poppie Nongena begin op 31 Januarie in fliekteaters landswyd draai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

alweer ·

neewat, geen begeerte om dit te sien nie, die kleur kaart word so in almal se kele afgedruk, ek kon nie eers die artikel klaar lees nie, geluk vir julle sukses maar dis verseker nie my smaak nie

René Hanekom ·

Ek het die boek baie jare gelede insiggewend gevind en ook geniet. Kan nie wag om ook die fliek te sien nie.

Se maar net ·

Dit is mense wat in glashuise woon en tonnelvisie het wat soos julle dink. Gin wonder ons land is soos wat dit is nie. Bietjie aanvaarding en kennis van ander kulture sal julle nie doodmaak nie. Ek is seker as niemand kyk nie sal julle skelmpies na die film kyk uit nuuskierigheid.

nie eers nie ·

neewat, nie eers as iemand my betaal sal ek hom kyk nie, skelmpies of andersins, (hoe kyk mens skelm ‘n fliek?) ek dink ons het genoeg te doen met ander kulture in ons daaglikse lewe, ek hoef dit nie op tv ook te kyk nie, as jy nie genoeg van ander kulture kry nie, bly jy verseker nie in SA nie

Se maar net ·

Rene ek kan ook nie wag om dit te sien nie, ek dink dit gaan almal se harte raak.

@alweer ·

Stem met jou. Dit is ‘n ag siestog fliek vir sekeres. Dit sal verseker mense verder opsweep en nog ‘n ou vuil asdrommetjie voor ons deur le. In die geval kan ons dosyne flieks maak met die skoen aan die ander voet?

Sic? ·

Waar is n rolprent oor generaal Manie Maritz se , My Lewe en strewe

@alweer ·

my pos is uitgevee, miskien was dit bietjie te waar. Maar ek stem met alweer en nie eers nie.

Lees maar net ·

Sê maar net, hoor jou of lees jou. Gun asb ander voorreg om van jou te mag verskil sonder oordeel dis wat geestelike volwassenheid beteken. Dankie geniet alles in die lewe. Dankie MM vir al jul nuus.

AmY ·

Ek het gedink ek is al een wat nie ‘n begeerte het om die fliek te sien nie.
En nou druk ‘n sekere tv-kanaal dit elke aand in ons kele af..
Jammer, dan kyk ek eerder ‘ n simpel komedie en kry bietjie lagmedisyne.

Skyn ·

Ek is aanhanger van Anna-Mart, maar haar stelling hierbo laat my wonder of sy ook nou die klits kwyt raak dat sy ouer word. Of is dit maar net skyn vir aanvaarding en toekoms strategie.

Kato ·

Al wat hierdie fliek gaan regkry, is om die verskillende rasse verder hewig teen mekaar op te sweep. Die verlede moet nou opsy geskuif word, daar is niks wat daaraan gedoen kan word nie. Daar is nou ‘n nuwe ras waarteen daar gediskrimineer word. Akteurs soos Anna-mart, Sandra Prinsloo en Grethe Fox, waarvoor ek nog al die jare groot bewondering gehad het, maak my misluk voel. Hulle loop tog so oor van politieke korrektheid, maar spreek hulle ooit ‘n woord van misnoee uit oor die diskriminasie wat huidiglik aan die orde van die dag is. Ek is nie eers meer lus om hierdie soort van akteurs voor my oe te sien nie, in die verlede sou ek niks mis waarin hulle ‘n rol vertolk nie,

Bdanki ·

Katoo ! Stem! jy màg sê jou sê… dankie vat 5. Waarheid maak mens trots en vry! …ken die mens oa aan sy werke en handelinge dan verstaan “SIEN” mens óóp oë, hoef nie TV te kyk om oortuig te word.

Anelle Minnaar ·

Kato: stem saam. Die land brand! Die land is vol anargie, korrupsie, moord ! vir ‘n selfoon!, Boere, polisiemanne, mense, word in hul huise koelbloedig doodgemaaak, Eskom, SAL, SAUK of SABC, is ‘n ramp. Afgelope 20 jaar. Ek kan nog aangaan! Wat van ‘n nuwe Cry the Beloved Country, Walk to Freedom, in ‘n nuwe “demokratiese???” land!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.