ATKV Klein-Kariba stel bekend die Afrikitifees

ATKV Klein-Kariba is bekend vir groot partytjies soos die Opskop in Afrikaans-naweek wat vanaf 23-24 Junie 2023 plaasgevind het.

Feesgangers kan hul vanjaar ook regmaak vir die Afrikitifees wat dié jaar vir die eerste keer, op Saterdag 11 November 2023, by die juweel van die Bosveld in Bela-Bela plaasvind.

Volgens Dandre Momberg, bemarker en vermaakkoördineerder, is die Afriktifees ʼn taal-en kultuurfees vir beide oud en jonk. “Vermaak uit die boonste rakke gaan aan alle ouderdomme gebied word en beloof om aan Afrikaners ʼn eg Afrikaanse-taalervaring te bied”.

Feesgangers kan uitsien na topklas kunstenaars soos Liezel Pieters, Brendan Peyper en Nadine asook kategoriewenners van die Waterberg-kunstefees wat sorg vir eindelose pret en plesier. Volgens Momberg is hierdie nie net ʼn dag vir die familie om te geniet nie, maar ʼn lekker naweek van skoene uitskop, ontspan en baljaar. Daar is ook verskeie stalletjies, watertandlekker kos om van te kies en keur en speletjies  beskikbaar op die dag wat elke aspek van taal en kultuur aanspreek.

ATKV Klein-Kariba is jou alles-in-een vakansiebestemming en is die ATKV se avontuuroord wat spog met ʼn verskeidenheid ontspanningsgeriewe, fasiliteite en aktiwiteite soos trapbootjies, perde, vierwielmotorfietse, put-put, waterglybaan, staproetes en nog vele meer.

Kom kuier saam met ons vir ʼn naweek vol pret, musiek en opwinding! Besoek gerus die webblad by www.klein-kariba.co.za  vir meer inligting of skakel die oord direk by 014 736 9800 om  jou plek te bespreek vir hierdie ongelooflike naweek.

Maak reg vir die Afrikitfees by ATKV Klein Kariba – die plek waar die pret nooit ophou nie. Ons sien jou daar!

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.