Dié lesers wen kaartjies na Bosveld Musiek Karnaval

Twaalf van die land se beste Afrikaanse kunstenaars sal Saterdag 15 Oktober vir twaalf aaneenlopende ure vermaak vir besoekers verskaf. (Foto: Verskaf)

Twee gelukkige Maroela Media-lesers gaan eerskomende naweek hul gesinne bederf met ʼn unieke musiekfees in die Bosveld.

Adel Holz en Marthinus Erasmus het elk vier kaartjies na die Bosveld Musiek Karnaval, wat van 14 tot 16 Oktober by die Sondela-natuurreservaat buite Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo plaasvind, gewen.

Altesaam 12 van die land se voorste Afrikaanse kunstenaars, onder wie Karlien van Jaarsveld, Kurt Darren, Nicholis Louw, Leah en Ruan Josh, sal Saterdag 15 Oktober vir 12 uur aaneenlopend vermaak verskaf.

Besoekers van dié fees kan verder ook uitsien na puik kampeergeriewe, talle pretaktiwiteite, en knetterende braaivleisvure onder die Bosveld-sterre.

Benewens Sondela se wêreldklas‑akkommodasie, wat chalets en kampering insluit, kan gaste ook kies om in toegeruste tenthuise te vertoef.

  • Akkommodasie in ʼn tenthuis vir twee kos R1 800.
  • Kaartjies vir die konsert kos R150 vir kinders onder die ouderdom van 12 en R250 vir volwassenes.
  • Toegeruste tente en konsertkaartjies kan deur TicketPro by ekspo.co.za gekoop word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.