Wildman wéér by HuntEx 2023

(Foto verskaf)

Wildman, die gunsteling- geweer- en buitelugwinkel van baie avontuurlustige Suid-Afrikaners, is terug by HuntEx! Hierdie jaar se skou van 21 tot 23 April 2023 beloof om ʼn opwindende geleentheid te wees vir enigiemand wat lief is vir die buiteluglewe.

Klik hier om jou kaartjies aan te skaf.

Met talle jare ondervinding en ʼn passie vir die buitelug is die Wildman-span gereed om besoekers te verwelkom by hul stalletjie in saal 5. Hierdie jaar is daar boonop ʼn paar spesiale aanbiedinge soos die Wildman Mega Moolah-promosie, wat jy nie wil misloop nie.

“HuntEx is goed vir die hele jagbedryf. Dis ʼn plek waar almal saamkom met ʼn ongelooflike gees, wat net daar heers,” sê Frik du Plooy, uitvoerende hoof van Wildman.

“Nuwe produkte is my gunstelingafdeling en ons as Wildman is altyd op soek na wenprodukte en mense, wat natuurlik in ons winkels reg oor die land moet wees. Ek onthou hoe SSG-sakke die eerste keer op ons uitstalling was en hoe dit gegroei het tot ʼn volwaardige besigheid vandag. Dit gee my ʼn warm gevoel as ons manne soos hulle kan help om saam te groei. Dis hoe ek HuntEx onthou – en natuurlik al ons kliënte wat vriende geword het oor die jare!”

Daar is iets vir almal by HuntEx, van beginners tot ervare jagters en buitelugliefhebbers. Die span by Wildman is daar om jou te help om die beste produk te vind vir jou unieke behoeftes. Hulle bied persoonlike advies en begeleiding en hul kundige kennis is net een van die redes hoekom Wildman so ʼn betroubare naam in die bedryf is.

Kom kuier gerus by die Wildman stalletjie, in saal 5 by HuntEx 2023 en ontdek self hoekom hierdie buitelugwinkel so gewild is onder Suid-Afrikaners. Sien jou by HuntEx!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.