Konsertgids: Jo Black, Spoegwolf, Jack Stone die naweek te sien

Aanlyn konserte, of kwarantynkonserte soos sommige kunstenaars daarna verwys, is aan die orde van die dag sedert die inperkingsmaatreëls ingestel is om die verspreiding van die koronavirus (Covid-19) te bekamp.

Konsertgangers kan egter nou ook weer afsit na die naaste teater of konsert-venue vir aanbiedings deur hul gunstelingkunstenaars.

Maroela Media het ʼn konsertgids saamgestel van konserte waarmee musiekliefhebbers kan ontspan.

Saterdag 28 November

Die bekroonde Afrikaanse sanger Jo Black en sy orkes gaan Saterdag vir die eerste keer in meer as sewe maande terugkeer na die verhoog.

Die sanger van “Skepe”, “Bring Die Hoop Weer Terug” en “Bitter” sal by Loftus Park in Pretoria te sien wees. Die konsert word in samewerking met Pretoria FM aangebied.

Kaartjies kos R150 vir volwassenes en R80 vir kinders en is hier beskikbaar.

Sondag 29 November

Jack Stone.

Karlien van Jaarsveld kuier na ʼn lang afwesigheid weer by Die Blou Hond-teater in Pretoria. Sy gaan van haar ou treffers uitvoer, maar ook nuwe musiek saam met haar fenomenale pianis, Annie Curtain. Hierdie vertoning is ’n heerlike uitstappie vir die hele gesin.

Vertonings se kaartjiepryse sluit ʼn driegangmaaltyd, koffie en tee in, of jy kan ook net vir die vertoning bespreek. Vir meer inligting besoek Casa Toscana Lodge aanlyn of skakel 012 348 8820 of stuur ʼn e-pos aan [email protected] vir besprekings.

Jack Daniel’s bied met trots aan Spoegwolf By Die Fort by die Voortrekkermonument in Pretoria saam met vriende Herman Kleinhans, Jack Stone en die Bende en Christiaan Baartman.

Pak ʼn piekniekmandjie met lekker peuselhappies. ʼn Kontantkroeg en heerlike kosstalletjies is ook beskikbaar. Hekke maak 10:30 oop en die eerste konsert begin om 12:00. Tussen die kunstenaars se uitvoerings word ʼn langarm-danskompetisie en boeresport aangebied.

Kaartjies kos tussen R150 en R250 en is hier beskikbaar.

Karlien van Jaarsveld. (Foto: Suna Robberts)

Fokofpolisiekar gaan Sondag hul elektriese kitare ontkoppel en oorskakel na hul akoestiese instrumente vir ʼn regstreekse stroomkonsert wat baie anders is as hul gewone plofbare klank.

The Sound Of FOKOF unplugged sal regstreeks gestroom word vanaf die kunstenaar Lionel Smit se ateljee in Somerset-Wes.

Kaartjies is beskikbaar by iTickets en kos R165.

Woensdag 2 Desember

Die eerste Stellenbosch Soirée word op Woensdag 2 Desember aangebied. Hierdie reeks ontspanne sosiale geleenthede met wyn, kos en musiek is jou uitnodiging om in Suid-Afrika se goeie-lewe-hoofstad te kom asemskep.

Die Soirées word weer deur Stellenbosch Wynroetes aangebied en maak die meeste van die Kaapse soel someraande wanneer een van die dorp se hoofstrate vir motors gesluit word en voetgangers rustig kan proe en kuier. ʼn Veilige en vrolike buitelugkuier soos min.

Kaartjies is beskikbaar deur Plankton en kos R150.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Adam Adriaan ·

Vir daai geldjie koop ek sommer vir my ‘n botteltjie en na ‘n uur sing ek sommer vir myself. Dit sal baie meer koste effektief wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.