Luister: kykNET Buite Ekspo maak Kaapse draai

Dié unieke ekspo waai Wes-Kaap se kant toe en vind van 24 tot 26 Maart 2023 by Môreson Plaas net buite Malmesbury plaas. (Foto: Verskaf)

Of jy nou op soek is na jou eerste intreevlak eenmantent, of wil opgradeer na ʼn luukse woonwa, die kykNET Buite Ekspo bied iets vir elke sak en smaak, en is boonop ʼn heerlike uitstappie vir die hele gesin.

Dié unieke ekspo waai Wes-Kaap se kant toe en vind van 24 tot 26 Maart 2023 by Môreson Plaas net buite Malmesbury plaas.

Die kykNET Buite Ekspo is jaarliks ʼn hoogtepunt op elke buiteleweliefhebber se kalender, en beloof weer vanjaar om uitmuntende uitstallings van die nuutste kampeertoerusting, woonwaens én 4×4-produkte wat tans op die mark beskikbaar is te bied.

Argieffoto. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch/Maroela Media)

Anders as winkels, bied dié ekspo die geleentheid vir kopers om produkte te sien en ervaar soos wat dit werklik in die natuur gebruik sou word danksy die veilige plaasatmosfeer waarbinne dit plaasvind.

Oudergewoonte sal daar ook ʼn snuffelmark, puik vermaak, heerlike verversings en pretparke vir die kleingoed beskikbaar wees én die kans om ʼn klomp bekende kykNET-gesigte te sien.

Marius Opperman, organiseerder van dié geleentheid, het met Maroela Media gesels oor die opwindende en propvol program waarna ekspo-besoekers kan uitsien en ook watter nuwe aanbiedings by vanjaar se ekspo te sien gaan wees.

  • Luister na die volledige onderhoud boaan die berig.
  • Dagbesoekers word aangemoedig om kaartjies aanlyn te bespreek, maar daar sal ook ʼn bepaalde aantal kaartjies by die hekke beskikbaar wees. Kaartjies is by Ticketpro te koop. Besoek gerus ekspo.co.za vir meer inligting.
  • Navrae kan aan Tersia by [email protected] gerig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.