Aitsa-toekennings: Hier is Julie se benoemings

‘n Handjievol van Afrikaans se grootste kunstenaars verlede jaar op die Aitsas-verhoog. (Foto: Verskaf)

Die Aitsa Afrikaanse-musiektoekennings is om die draai en gaan binnekort weer ʼn rits talentvolle kunstenaars met ʼn uiters unieke Aitsa-trofee en ʼn kontantprys van R10 000 bekroon.

Dié geleentheid, aangebied deur Pretoria FM, vind plaas op Dinsdag 19 September by die Choose Life Ouditorium in Moreletapark.

Dit het in 2019 vir die heel eerste keer plaasgevind.

Bekendes soos Elandré, Eloff, Riana Nel, Corlea Botha en Irene-Louise van Wyk is al met ʼn Aitsa-beeldjie beloon, en vanjaar se geleentheid beloof om weer te beïndruk.

Kunstenaars, liedjieskrywers, vervaardigers, bestuurders en platemaatskappye het tot 26 Mei gehad om nuwe uitreikings vir die tydperk 1 April 2022 tot 31 Maart 2023 in te skryf.

Die Aitsa-toekenning. (Foto: Verskaf)

Beoordeling van al die inskrywings het tussen 7 tot 9 Junie plaasgevind. ʼn Paneel onafhanklike beoordelaars, wat Gisela de Villiers, AJ Opperman, Rian Swanepoel, Carlé van Deventer, Anaretha Naude en Henco Harmse insluit, het die beoordeling behartig.

Die publiek sal ook weereens die geleentheid kry om vir hul gunstelingkunstenaar te stem, in ʼn kategorie wat bekendstaan as die “MyKunstenaar: Publieke Stem”-toekenning.

Dié toekenning word slegs gekoppel aan die hoeveelheid publieke steun en nie aan beoordelaarsyfers of stromingsyfers nie. Dit is ook die enigste kategorie waarin die publiek kan stem.

Die stemlyne vir hierdie kategorie open op 1 Julie 2023 en sluit op 15 Augustus 2023, waarna die top 12 finaliste op 18 Augustus op Pretoria FM aangewys sal word.

Kaartjies vir die toekenningsaand is reeds op iTickets beskikbaar teen R250 ʼn kaartjie, maar diegene wat nou reeds hul kaartjies koop, sal ʼn afslag van 10% ontvang.

Die finaliste in die volgende kategorieë is reeds die afgelope maand op Pretoria se spesiale Aitsa-toekenningsinsetsel, wat 20:05 op Vrydae-aande te hoor is, bekendgemaak:

Boeremusiekliedjie van die jaar

  • Dagbreek-boereorkes: “Klanke uit die kranse-wals”
  • Stephaan van Zyl en sy vriende: “Lekker dans Oom Jan Polka”
  • Die Teelepeltjies: “Misvloer Seties”
  • Oshoek-boereorkes: “Rosie van die Vrystaat”

Instrumentale liedjie van die jaar

  • Jacques Rautenbach: “Harbour Island”
  • Ruan Graaf: “Harmony”
  • Rocco de Villiers: “My hande is my rande”
  • Mauritz Lotz: “Phren”
  • CH2: “Simoné”
  • GT Oliver: “Whispers of the Calling Ocean”

Nuweling van die jaar

  • Muller Brandt: “Braaibroodjies”
  • Dodo Nyoka: “Foto’s”
  • Barto: “Impulsief”
  • Anzelle: “Klein botteltjie groot gif”
  • Prop: “Kwaaitjie”
  • Wilma van Heerden: “SySoen”

Alternatiewe/Rock liedjie van die jaar

  • Droomsindroom: “Kopskud revolusie”
  • Elandré: “Lieflik”
  • Francois van Coke en Elandré: “Maak wakker”
  • Zaan Sonnekus: “Monitor”
  • Jan Bloukaas: “Sweef”
  • Christia Visser: “Wat de hel”

Popliedjie van die jaar

  • Lianie May: “Bietjie Benoni”
  • Dodo Nyoka: “Foto’s”
  • Riaan Benade en Ricus Nel: “Haai Haai”
  • Barto: “Impulsief”
  • Brendan Peyper: “Toer om die vloer”
  • Eloff: “Witblits”

Geestelike liedjie van die jaar

  • Ruth: “God gaan voor ons uit”
  • Bernice West: “Lyfie”
  • Jacques en Liezel: “Niks kan vergelyk”
  • Dewald Gouws: “Nooit alleen”
  • Retief Burger: “Sekelmaan”
  • Richelle Grant: “Vul die huis met U glorie”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.