Aitsas: Dié Afrikaanse poptreffers benoem

Die musiekduo Reën, wat oorspronklik deur Richann Brüssow en René de KIerk gevorm is, se debuutsnit “Vrystaat vlaktes” is benoem vir ‘n Aitsa-musiektoekenning. (Foto: Christian Wolf)

Afrikaans se topkunstenaars het vanjaar die een na die ander poptreffer die lig laat sien. ʼn Handjievol van dié kunstenaars is vanjaar benoem vir ʼn Aitsa-musiektoekenning in die kategorie vir popliedjie van die jaar.

Die Aitsas is deur Pretoria FM geskep as ʼn onafhanklike geleentheid waartydens die room van die Afrikaanse musiekbedryf op grond van uitmuntende prestasies beloon word.

Die musiekduo Reën, wat oorspronklik deur Richann Brüssow en René de Klerk gevorm is, is benoem vir hulle oorwurm-debuutsnit “Vrystaat vlaktes”.

Appel se “Dina”, Brendan Peyper se “Stop die wêreld ek wil afklim”, Ricus Nel se “Ploeg jy?” en Demi Lee Moore en Riaan Benadé se duet, “Kannie sonder jou”, ook in dié kategorie benoem.

Irene-Louise van Wyk. (Foto: Jorietha Rabe)

Irene-Louise van Wyk se “Tekkies brand” is ook benoem. Al dié liedjies het ook vir etlike weke op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 geboer.

ʼn Weeklikse program waartydens die finaliste in die onderskeie kategorieë bekend gemaak word, sal op Pretoria FM uitgesaai word. ʼn Uittreksel van elke kunstenaar, duo of groep se snit sal gespeel word sodat lede van die publiek ʼn ingeligte besluit kan neem oor wie uiteindelik as wenner aangewys moet word.

Kaartjies na die toekenningsgeleentheid kan by iTickets aangeskaf word. Die kaartjies kos R250 per persoon.

Stemme vir jou gunstelingliedjie uit dié benoemings kan op Pretoria FM se webwerf  gemaak word.

Die wenners sal tydens ʼn glansgeleentheid op 29 November bekend gemaak word by die Choose Life-kerk in Moreletapark, Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.