Backstreet Boys op pad na SA

Die Backstreet Boys. (Foto: Gerardo Mora/Getty Images North America/Getty Images via AFP)

As jy ʼn tiener in die 90’s was, is die kans so te sê 100% dat jy elke liewe Backstreet Boys-lied woord-vir-woord uit jou kop ken: “Everybody”, “Show me the meaning of being lonely”, “I want it that way” en “Shape of my heart”.

Hou vas jou hart, want dié ikoniese popgroep tree later vanjaar in Suid-Afrika op, en dan kan jy saam met duisende aanhangers uit volle bors sing.

Big Concerts het Maandag bevestig dat Backstreet Boys, bestaande uit Nick Carter, Howie Dorough, AJ McLean, en neefs Brian Littrell en Kevin Richardson, se DNA World Tour op Dinsdag 16 Mei in Kaapstad by die Grand Arena, GrandWest afskop. Op Vrydag 19 Mei is hulle by SunBet Arena, Time Square in Pretoria, te sien.

Backstreet Boys se internasionale toer het in Mei 2019 afgeskop met uitverkoopte konserte in Noord-Amerika, Europa, Asië en Suid-Amerika. Dit is die groep se grootste arenatoer in 18 jaar, en dit is te danke aan die wêreldwye sukses van hulle tiende ateljeealbum DNA wat vroeg in 2019 uitgereik is. Die album is vir ʼn Grammy-toekenning genomineer en het gou trefferstatus bereik.

Kaartjies kan vanaf Vrydag 24 Februarie om 09:00 gekoop word by Ticketmaster.

Kyk hier na ʼn video as lusmaker vir dié konsert:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pierre ·

“Back Street Boys” lekker lag ek nou, moet maar eerder “Back Street Old Folk” wees.

George ·

Musikante wat toer, wat kaartjies verkoop om vertoning te kyk, maw, betaling kry vir hul werk? Sien nie enigens n probleem hiermee nie.

Mnr De Beer ·

Hulle gaan seker “Show me the meaning of being lonely” tydens loadshedding skedule sing.

De Villiers ·

Everybody
(Yeah)
Rock your body
(Yeah)
Everybody
Rock your body right
Backstreet’s back alright

LD ·

Grenade!! Gedog hulle het jare terug opgebreek….? Ek woon dalk wragtig onder ‘n klip lol

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.