Barto raak ‘impulsief’ in dié week se Top-20

Barto. (Foto: Verkaf)

Die Pretoriase musikant Barto het skaars sy voete gevind in die plaaslike musiekbedryf, maar spog reeds met ʼn tweede liedjie op die Maroela Media Afrikaanse Top-20.

Sy jongste enkelsnit, “Impulsief”, sal sommer vinnig die voete laat jeuk en betree dié trefferparade in die no. 14-posisie terwyl sy debuutenkelsnit, “H2Oë”, tans in die derde plek pronk.

Bernice West se treffer “Lyfie” beklee steeds die no. 2-posisie en Dodo se “Foto’s” is vir die vierde opeenvolgende week ʼn toptreffer in die no. 1-posisie.

Juan Boucher se splinternuwe enkelsnit, “Dogter”, wat verlede week die Top-20 betree het, val ongelukkig terug na no. 20.

Daar is verder vier liedjies wat klim, vier wat onveranderd bly en ses wat hul plekke verloor.

  1. Dodo Nyoka – “Foto’s”
  2. Bernice West – “Lyfie”
  3. Barto — “H2Oë”
  4. Eloff – “Witblits”
  5. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
  6. Eloff – “ATKV”
  7. Droomsindroom – “Hey sonneblom”
  8. Prop — “Kwaaitjie”
  9. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  10. Eloff – “Johnnie Blou”
  11. Tasché – “Sal jy vir my wag”
  12. Riaan Benade – “Spontaan”
  13. Lianie May – “Bietjie Benoni”
  14. Barto – “Impulsief”
  15. Riaan Benade & Jay – “Rowwe bliksem”
  16. Brendan Peyper – “Insomnia”
  17. Riaan Benade & Ricus Nel – “Haai haai”
  18. Samantha Leonard – “Net een keer”
  19. Rooksein – “10 uit 10”
  20. Juan Boucher – “Dogter”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

 

Nuwe uitreikings

Cordelia en die Campbells het ‘n nuwe treffer. (Foto: Cordelia Louise Instagram)

Die Campbells het hul cowboy-hoede afgestof om saam met Cordelia ʼn splinternuwe enkelsnit, “My persoon”, uit te bring.

Dié liedjie volg ses jaar ná die broers en Cordelia se vorige treffer, “Beloftes”, en is deur Johan Oberholzer neergepen.

“‘My persoon’ is ʼn lekker goedvoelliedjie wat handel oor die krag van liefde want al voel ʼn mens soms eensaam en verlore, sal liefde altyd ʼn weg vind,” meen dié groep se Tony Campbell.

Aanhangers sal ongelukkig tot 2023 moet wag vir die musiekvideo.

Die Campbells het onlangs na Dallas, Texas, in die VSA verhuis om op hulle internasionale country-musiek loopbaan te fokus.

Ander liedjies wat ook die afgelope week bekendgestel is, sluit in Francois van Rensburg se “Kersfeesmaand”, Mionette se “Plett my net”, Vrede se “Die son”, Jacques en Liezel se “Uit my hande”, Charlize Berg se “Laat jou voete praat”, Nádine se “Liefde sonder ʼn maar” en Hunter Kennedy en Michelle Mountjoy se veldtoglied, “Hierdie is nie liefde nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.