Bernice, Bok sê hoe Afrikaners maak op Top-20

Bernice West & Bok van Blerk. (Foto: Facebook).

Bernice West en Bok van Blerk betree vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die sesde plek met “Die Afrikaner maak so”.

Dié twee kunstenaars het besluit om kragte saam te snoer, en die musiekvideo vir dié lied is reeds meer as 146 000 keer op YouTube gekyk. Dit is slegs vier dae gelede uitgereik.

Vir Riaan Benadé is dit ook ʼn groot week, om twee redes: Sy liedjie “Boksemdais” klim na die derde plek op die Top-20, en hy het ook die goeie nuus op sy Instagram-profiel gedeel dat hy en sy vrou ʼn pienkvoet verwag. Riaan en Melissa is reeds ouers van Lucca (1), ʼn dogtertjie, en sien baie uit om binnekort ʼn boetie te hê. Lees meer hier.

Eloff se “Vlerke” bly vir eers in die nommer-een-posisie.

Daar is twee liedjies wat klim in dié week se Top-20, een nuwe liedjie wat die treffersparade betree, vyf wat onveranderd bly en 12 liedjies wat hulle plekke verloor.

1. Eloff – “Vlerke”
2. Die Piesangskille – “Inge 2”
3. Riaan Benadé – “Boksemdais”
4. Demi Lee Moore – “Hart breek”
5. Dodo Nyoka – “Country girl van Bloem”
6. Bernice West saam met Bok van Blerk – “Die Afrikaner maak so”
7. Chris Steyn – “Helemal”
8. Juanita du Plessis – “Liewe jinne!”
9. Bok van Blerk – “Dis raak”
10. Appel – “Buffels van Buffelfontein”
11. Die Piesangskille – “Haar naam was Somer”
12. Elandré – “Asseblief”
13. Brendan Peyper – “Moegdans
14. Droomsindroom – “Dans alleen”
15. Die Piesangskille – “Lyntjie”
16. Barto – “H2Oë”
17. Karlien van Jaarsveld – “Als is okey”
18. Appel – “Foute”
19. Eloff – “Koue kole”
20. Kurt Darren – “Hulle weet nie wat ons weet nie”

Maroela se keuse:

Franco Prinsloo (Foto: Yolandi Yacobsz)

Weekliks deel een van Maroela Media se joernaliste vyf van hul gunsteling Afrikaanse liedjies. Geniet die verskeidenheid!

Pieter Cloete, videovervaardiger van Maroela Media, deel die topvyf Afrikaanse liedjies wat vandeesweek vir hom uitstaan:

1. “Daai liedjie” – ONS
2. “Die Afrikaner maak so” – Bernice West saam met Bok van Blerk
3. “Kalahari reën” – Elvis Blue
4. “Deurgrond” – Franco Prinsloo saam met die Vox Chamber Choir
5. “Vlerke” – Eloff

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.