Bernice West se nuutste bekoor Top-20

Bernice West (Foto: Facebook)

Dit is ’n baie goeie week vir Francois van Coke en Jan Blohm met “Die toekoms”. Nadat dié lied verlede week op die 14de plek gelê het, klim hulle hierdie week na die nr. 9-posisie.

Bernice West se tweede enkelsnit, “Die hart”, wat sy as ’n opvolg van haar debuutenkelsnit “Sonop-blom” geskryf het, neem vandeesweek die nr. 1-posisie in.

West was verlede week óók in die nr. 1-posisie met “Sonop-blom”. Dié lied neem vandeesweek se nr. 4-posisie in.

Moses Metro Man (Jako Meyer) betree die week se Top-20 met “Lief & Leed”, ’n lied wat Jako in Maart vanjaar geskryf het. Dié lied gaan oor die gevoelens en emosies wat ’n mens ervaar wanneer jy iemand in jou lewe moet laat gaan omdat dinge dalk nie uitgewerk het soos jy gehoop het nie.

Robbie Wessels maak ook sy toetrede tot die Top-20 dié week met “Plaasjapie”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg en nege wat daal. Daar is drie snitte wat onveranderd bly en drie nuwe liedjies wat hul toetrede maak.

  1. Bernice West – “Die hart”
  2. Die Heuwels Fantasties met Ampie – “Ons moet leef”
  3. Appel – “Nonna”
  4. Bernice West – “Sonop-blom”
  5. Christia Visser – “Kaal voor jou”
  6. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  7. Karlien van Jaarsveld – “Ruil jou vir my”
  8. Spoegwolf – “Heen en weer”
  9. Francois van Coke met Jan Blohm – “Die toekoms”
  10. Loki Rothman – “Op my pad”
  11. Appel – “F250”
  12. Francois van Coke – “As ek kon”
  13. Karen Zoid met Early B & Niel Sandilands – “Toe die wêreld stil gaan staan”
  14. Elvis Blue – “Gee my net ’n vriend”
  15. Karen Zoid met Early B – “Deur druk”
  16. Juan Boucher – “Ons word een”
  17. Ruhan du Toit – “Lewe red”
  18. Brendan Peyper – “Lekkerder op my trekker”
  19. Robbie Wessels – “Plaasjapie”
  20. Moses Metro Man – “Lief & Leed”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ruan ·

Kan julle my sê hoeveel weke is Nonna van Appel nou al op die top 20. Dink hy breek die rekord van die langste tyd. Bly ‘n leka lied so ek is nie eers eintlik verbaas nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.