Die Heuwels kraai steeds koning op Top-20

Juan Boucher. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Die bekende rasperstem-sanger Juan Boucher betree vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 19de plek met sy enkelsnit “Ons word een”.

Alhoewel dié lied reeds in 2019 op sy jongste album getiteld 12 Rondtes verskyn het, vaar die enkelsnit baie goed op stroomdienste soos iTunes en was dit onder die top-20 Afrikaanse liedjies wat die meeste gestroom is.

Boucher het in ʼn onderhoud met Maroela Media die snit as ʼn “trouliedjie” beskryf. “Ek sien liefde vinnig raak. Liefde is lekker om oor te skryf. Ek hou van stories skryf, en liefdestories is altyd my gunsteling,” het hy gesê.

Die Heuwels Fantasties en die sanger Ampie se enkelsnit “Ons moet leef” neem vandeesweek weer die gesogte no. 1-posisie op die Top-20 in.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg, nege wat daal, vyf wat onveranderd bly en een nuwe enkelsnit.

  1. Die Heuwels Fantasties ft Ampie – “Ons moet leef”
  2. Bernice West – “Sonop-blom”
  3. Christia Visser – “Kaal voor jou”
  4. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  5. Karen Zoid ft Early B & Niel Sandilands – “Toe die wêreld stil gaan staan”
  6. Francois van Coke – “As ek kon”
  7. Karlien van Jaarsveld – “Ruil jou vir my”
  8. Appel – “Nonna”
  9. Loki Rothman – “Op my pad”
  10. Elvis Blue – “Gee my net ʼn vriend”
  11. Karen Zoid & Early B – “Druk deur”
  12. Appel – “F250”
  13. Spoegwolf – “Heen en weer”
  14. Laudo – “Ek kan nie wag”
  15. Jan Jan Jan – “Ek bly ʼn boer”
  16. Leah – “Girls night”
  17. Brendan Peyper – “Lekkerder op my trekker”
  18. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  19. Juan Boucher – “Ons word een”
  20. Tarryn Lamb & Willem Botha – “’n Liefde soos die”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.