Dié lesers wen kaartjies na sterbelaaide Jacaranda Day-musiekfees

Demi Lee Moore is een van vele kunstenaars wat tydens Jacaranda Day 2023 gaan optree. (Foto: Verskaf)

Joline Lamprecht, René Classen, Kobus Joubert en Karin Coetzer gaan hul litte los dans saam met hul vriende en familie by die Jacaranda Day-musiekfees wat op Saterdag 12 Augustus by die Idle Wild-landgoed in Centurion plaasvind.

Dié lesers het elk vier kaartjies na Jacaranda Day, aangebied deur Jacaranda FM in samewerking met Huawei, losgeslaan en gaan heerlike buitelug-gesinspret deur kunstenaars soos Demi Lee Moore, Matthew Mole, Refentse, Early B, Prime Circle, Karlien van Jaarsveld en vele meer geniet.

Jacaranda FM se eie Rob Forbes, mede-aanbieder van The Drive with Rob and Roz, gaan sy lyf ook platejoggie hou.

Dit is die eerste keer in vyf jaar dat dié fees weer aangebied kan word.

“Wat ’n geleentheid om na uit te sien. Hierdie is ʼn saamwerkgeleentheid en nie net ʼn blote borgskap nie. ’n Kragtige kommunikasietegnologie-handelsmerk soos Huawei wat saamwerk met ʼn radiostasie so geliefd soos Jacaranda FM, gaan die barometer stel vir gesinsvriendelike musiekgeleenthede in Gauteng,” meen Deirdre King, besturende direkteur van Jacaranda FM.

“Hierdie nuwe samewerking met Jacaranda FM beklemtoon hoe tegnologie en musiek mense verbind. Musiek is ’n baie belangrike deel van ons alledaagse lewe. Ons is opgewonde om saam met Jacaranda FM te werk en sien daarna uit om hierdie geleentheid met ons verbruikers te deel,” het Jun Sun, hoofbestuurder van die Huawei Consumer Business Group Suid-Afrika, gesê.

Hou Maroela Media dop vir nog opwindende kompetisies en skryf in!

  • Koop kaartjies vir Jacaranda Day 2023 hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.