Die Piesangskille styg weer na nommer 1 op Top-20

Appel. (Foto: Theana Breugem)

Appel se “Foute” klim weer hierdie week na die derde plek op die Maroela Media Afrikaanse Top-20. Die musiekvideo van die gewilde lied is reeds meer as 2,5 miljoen keer op YouTube gekyk, slegs vier maande nadat dit uitgereik is.

Die Piesangskille styg weer tot boaan die treffersparade met die treffersnit, “Inge 2”.

Brendan Peyper se “Moegdans” neem die tweede posisie in. Die bekende Angelique Gerber en Rynhardt Schoeman van Janey en Waney-faam verskyn in die lied se musiekvideo.

In vandeesweek se Top-20 is daar vier liedjies wat klim, sewe wat hulle plekke verloor en nege liedjies wat onveranderd bly.

1. Die Piesangskille – “Inge 2”
2. Brendan Peyper – “Moegdans”
3. Appel – “Foute”
4. Die Piesangskille – “Lyntjie”
5. Juanita du Plessis – “Liewe jinne!”
6. Riana Nel – “Ek wonder”
7. Barto – “H2Oë”
8. Eloff – “Koue kole”
9. Barto – “Impulsief”
10. Leon Schuster – “Die Bokmasjien”
11. Juan Boucher saam met Tasché – “Suid”
12. Die Heuwels Fantasties saam met Appel – “Nora Vlok”
13. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
14. Jay – “Stoutgat”
15. Appel – “Diana”
16. Bernice West – “As Hy weer kom”
17. Appel – “Suikerbos”
18. Robbie Wessels saam met Anlia Starr, Ruhan du Toit en Karlien van Jaarsveld – “Saam Suid-Afrika”
19. Rooksein – “Hey jy”
20. Bobby van Jaarsveld – “Toe, nou en altyd”

Nuwe uitreikings:

Ampie en Christiaan Baartman. (Foto: Christiaan Baartman)

In aanloop tot die halfeindstryd van die Rugbywêreldbeker vier Ampie en Christiaan Baartman die Springbokke met hulle nuwe lied, “Ruggas”.

Ander liedjies wat uitgereik is, is Coenie saam met Biggy se “Niks nie”, Raaf se “Jonk en verlore”, Gqom Kids se “Bozza” en Alterego se “Belowe”.

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.