Dirk, Loufi maak toetrede tot Top-20

Die Oos-Kaapse kletsrymer Loufi betree vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 19de plek met sy jongste enkelsnit “Boude”. Die liedjie is tans uiters gewild op stromingsplatforms soos iTunes en Spotify.

Dirk van der Westhuizen se jongste enkelsnit “Dirty 30’s” maak sy toetrede tot die Top-20 in die 20ste plek.

Bernice West se “Die hart” bly vir eers in die no. 1-posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg en 10 wat daal, drie wat onveranderd bly en twee nuwe liedjies wat die week hul toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20 maak.

  1. Bernice West – “Die hart”
  2. Appel – “Nonna”
  3. Ruhan du Toit – “Monumentaal”
  4. Bernice West – “Sonop-blom”
  5. Christia Visser – “Kaal voor jou”
  6. Francois van Coke met Jan Blohm – “Die toekoms”
  7. Karlien van Jaarsveld – “Ruil jou vir my”
  8. Ruhan du Toit – “Lewe red”
  9. Spoegwolf – “Heen en weer”
  10. Die Heuwels Fantasties ft Ampie – “Ons moet leef”
  11. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  12. Loki Rothman – “Op my pad”
  13. Christia Visser – “Wildste oomblik”
  14. Karen Zoid met Early B & Niel Sandilands – “Toe die wêreld stil gaan staan”
  15. Robbie Wessels – “Plaasjapie”
  16. Francois van Coke – “As ek kon”
  17. Karen Zoid met Early B – “Deur druk”
  18. Appel – “F250”
  19. Loufi – “Boude”
  20. Dirk van der Westhuizen – “Dirty 30’s”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.