Elandré se jongste enkelsnit betree Top-20

Elandré se nuuste album word later vandeesmaand vrygestel (Foto: Verskaf)

Elandré se jongste enkelsnit “Binne & buite” betree vandeesweek die Maroela Media Top-20 in die 12de plek.

“Binne & buite” is deel van Elandé se jongste album, Rugsak, wat einde vandeesmaand uitgereik word. Die nuwe enkelsnit is baie goed ontvang, veral op stroomdienste. Dalk is dit ’n goeie aanduiding dat sy nuwe album ook moontlik platinumstatus vanjaar gaan bereik net soos sy debuutalbum, Kleindorp dromer.

Oor Rugsak sê Elandré: “Ek is geleer dat ons elkeen die lewe deurgaan met ’n rugsak. ’n Spreekwoordelike bêreplek vir die klippe wat jy op jou lewenspad vind. Dit is in die stilte van ’n pandemie dat ek die geleentheid benut het om my eie rugsak om te keer, te analiseer en te vereer.”

Riaan Benadé bly vir die vyfde week in die no. 1-posisie met “Spontaan” wat ook die titel van sy debuutalbum is. Die musiekvideo van die enkelsnit was oo die afgelope paar dae in die trending-kategorie op YouTube in Suid-Afrika.

Maroela Media het onlangs met hom gesels oor sy loopbaan, sy pa Franna Benade en toekomsplanne. Lees die artikel daaroor hier.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg, tien wat daal, vier liedjies wat onveranderd bly en een nuwe enkelsnit wat die week sy toetrede maak.

  1. Riaan Benade – “Spontaan”
  2. Elandré – “Dag en nag”
  3. Bernice West – “Kom binne”
  4. Riaan Benadé – “Gooi nog ’n whiskey”
  5. Bernice West – “Sonop-blom”
  6. Loufi – “Baas vannie plaas”
  7. Die Heuwels Fantasties – “Hardloop weg”
  8. Demi Lee Moore – “Maak my jou tequila”
  9. Rooksein – “Kyk na my hart”
  10. Fatman – “Vuil Coke”
  11. Liezel Pieters – “Plus minus maal deel”
  12. Elandré – “Binne & buite”
  13. Janie Bay & Danie Reënwolf – “Ek glo nog in jou”
  14. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  15. Jay – “Te veel”
  16. Ruhan du Toit – “Die mite”
  17. Refentse – “Stormnag”
  18. Ché met Snotkop – “Ek like hoe jy dans”
  19. Bobby van Jaarsveld & Early B – “Sprokie”
  20. Lianie May & Jay – “Dors”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.