Elizma Theron betree Top-20 met nuwe musiek

Elizma Theron. (Foto: Verskaf)

Na bykans vier jaar se stilte is Elizma Theron terug in die kollig met haar jongste enkelsnit, “Man so na my hart”.

Dié liedjie, wat deur Brendan Peyper en Don Kelly geskryf is, gaan oor liefde tussen ’n getroude paartjie.

Bernice West kraai koning op vandeesweek se Top-20 met haar liedjie, “Lyfie”.

Die Heuwels Fantasties en Appel se “Nora Vlok” en Bartho se “Impulsief” val dié week met een plek en betree onderskeidelik die nommer 2- en nommer 3-plek.

  1. Bernice West – “Lyfie”
  2. Die Heuwels Fantasties & Appel – “Nora Vlok”
  3. Barto – “Impulsief”
  4. Droomsindroom – “Ek ly aan”
  5. Barto – “H2Oë”
  6. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
  7. Dodo Nyoka – “Foto’s”
  8. Eloff – “Witblits”
  9. Droomsindroom – “Hey sonneblom”
  10. Eloff – “ATKV”
  11. Prop – “Kwaaitjie”
  12. Brendan Peyper – “Insomnia”
  13. Irene-Louise van Wyk – “Ek sê so”
  14. Eloff – “Johnnie Blou”
  15. Fatman & Lianie May – “Ditjies en datjies”
  16. Riaan Benadé – “Spontaan”
  17. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  18. Riaan Benadé & Jay – “Rowwe bliksem”
  19. Tasché – “Sal jy vir my wag”
  20. Elizma Theron – “Man so na my hart”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe uitreikings

Ray Dylan het sy vrou, Jessica, nie met sjokolade of blomme dié Valentynsdag bederf nie, maar met ʼn splinternuwe liedjie.

“Ek het die liedjie vir my vrou geskryf en kan met trots sê dat ons huwelik dit geïnspireer het,” het Ray oor “Kom lê my voor jou”, sy jongste enkelsnit, gesê.

Die radio-omroeper, Riaan Grobler, se jongste snit, “En dan dans ons”, het ook pas die luggolwe getref. Riaan vertel dat die liedjie gaan oor “twee mense wat diep lief is vir mekaar en niemand anders nodig het nie”.

Ander onlangse uitreikings sluit JP White se “Draai om jou”, Dwayne Griffin se “Solank jy by my is” en Therene Nel se “Stukkende skulpe” in.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.