Franse komponiste se werk in Pretoria uitgevoer

viool_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Bekende klassieke musiek deur Maurice Ravel en Claude Debussy, twee Franse komponiste, word op 7 Mei deur Zanta Hofmeyr (violis), Manfred Stilz (tjellis) en Megan-Geoffrey Prins (pianis) in Pretoria uitgevoer.

Ravel: Violin Sonata & Piano Trio word deur Momentum Beleggings Aardklop Aubade by die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) in Pretoria aangebied.

Ravel en Debussy se kamermusiek het die era van Impressionisme in kunsmusiek gevestig.

In 1928 het Ravel gemaan dat daar erns van jazzmusiek gemaak moet word, omdat dit musikante se werk beïnvloed. “Die blues in my sonate, byvoorbeeld, is gestileerde jazz, dalk meer Frans as Amerikaans van aard, maar nietemin beïnvloed deur sogenaamde ‘populêre musiek’.”

Die program word afgeskop met ʼn uitvoering van Ravel se Sonate No. 2 vir viool en klavier, daarna word Debussy se Sonate vir Tjello en Klavier in D-mineur (1915) uitgevoer en die program sluit af met Ravel se Klaviertrio in A-mineur.

Kaartjies vir die vertoning kos R190 en R150 en kan by Ticketpro bespreek word. Stuur ʼn e-pos na [email protected] vir meer inligting oor die Aardklop Aubade-konsertreeks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.