Jonge Wilma se debuutsnit woeker op Top-20

Wilma van Heerden. (Foto: Facebook)

Wilma van Heerden (19) het verlede week die Maroela Media Afrikaanse Top-20 betree. Haar debuutenkelsnit, “SySoen”, klim hierdie week drie plekke na die 17de posisie.

Pieter Smith se “Willemiena van Gezina” en Nicholis Louw se “Coco Pops en kaas” het ook verlede week die Top-20 betree, maar val ongelukkig onderskeidelik elkeen met een plek.

Barto se “Impulsief” bly uiters gewild op stromingsplatforms en bly vir eers in die no. 1-posisie.

In hierdie week se Top-20 is daar agt liedjies wat klim, agt wat hulle plekke verloor en vier wat onveranderd bly.

  1. Barto – “Impulsief”
  2. Die Heuwels Fantasties & Appel – “Nora Vlok”
  3. Bernice West — “Lyfie”
  4. Brendan Peyper – “Nee of ja”
  5. Barto – “H2Oë”
  6. Eloff – “Swipe regs”
  7. Droomsindroom – “Ek ly aan”
  8. Dodo Nyoka — “Foto’s”
  9. Barto saam met Marissa – “Ons twee genoeg”
  10. Eloff – “Witblits”
  11. Droomsindroom – “Hey sonneblom”
  12. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
  13. Zaan Sonnekus – “Monitor”
  14. Prop – “Kwaaitjie”
  15. Sakkie saam met Francois van Coke – “Hey jy”
  16. Eloff – “Johnnie Blou”
  17. Wilma van Heerden – “SySoen”
  18. Eloff – “ATKV”
  19. Pieter Smith – “Willemiena van Gezina”
  20. Nicholis Louw – “Coco Pops en kaas”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe uitreikings

Neil Sandilands het pas sy jongste enkelsnit, “Huis toe”, uitgereik. Die liedjie het ʼn persoonlike verhaal en handel oor ʼn poskaart wat Neil se oupa, Joe Sandilands, vir sy ouma Nettie tydens die Tweede Wêreldoorlog gestuur het.

“In September verlede jaar was ek in Sydney, Australië, toe die liedjie kom aanklop het,” vertel Neil.

Armand Hofmeyr spog ook met ʼn nuwe enkelsnit uit sy eie pen, “Partytjie slaap herhaal”. Hy het sy vriend, Burger le Roux (wenner van die derde seisoen van Supersterre in 2010), genader om inspirasie vir ʼn nuwe liedjie te kry.

Armand het in ʼn onlangse onderhoud met omroeper Francois van Rensburg gesê: “Countrysangers sing altyd van werk, en wat almal eintlik wil doen is om te party”.

Ander uitreikings sluit in Lee Luka se “Nooit ooit alleen”, Sonstraal Musiek se “Voor die Kruis”, Carlissa se “Mnr Dromer”, Janco Dreyer se “Bosopskop”, Van West se “Krake”, TiNo se “Tassies pak”, Taye Brink se “Oord it” en Deon Groot se “Die een”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.