Kurt, Zaan en Gerhard speel saam op Top-20

Kurt Darren. (Foto: Kurt Darren/Facebook)

Gerhard Steyn se “Vat die cruiser”, wat hy reeds drie maande gelede saam met Loufi en Jacques du Plessis uitgereik het, het die afgelope drie weke weer momentum op digitale platforms gekry.

“Vat die cruiser” betree nou die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 20ste posisie.

Zaan Sonnekus se splinternuwe enkelsnit, “Monitor”, is ook nuut op die Top-20 en kort op Gerhard se hakke in die 19de plek.

Kurt Darren se jongste uitreiking, “Afrikaans is alles”, betree ook vandeesweek die Top-20 in die 18de plek.

“Afrikaans is alles” is ʼn liefdesbrief aan die Afrikaanse taal, kultuur en mense wat die sanger se vermaakloopbaan van byna drie dekades ondersteun.

Die liedjie se kenmerkende Kurt-voetstampritme en beskrywende lirieke sê dit soos dit is: Afrikaans is mooi! Met verwysings na onder andere sekelbosvure, geelvetbiltong en sokkiedans, beskryf Kurt alles waarvoor hy in Afrikaans lief is.

Die liedjie “Lyfie” van Bernice West bly gewild. Sy neem weer hierdie week die no. 1-posisie in.

In vandeesweek se Top-20 is daar vier liedjies wat klim, ses wat hul plek verloor, sewe wat onveranderd bly en drie nuwe liedjies wat die week se top-20 betree.

  1. Bernice West – “Lyfie”
  2. Barto – “Impulsief”
  3. Die Heuwels Fantasties & Appel — “Nora Vlok”
  4. Brendan Peyper – “Nee of ja”
  5. Barto – “H2Oë”
  6. Eloff – “Swipe regs”
  7. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
  8. Dodo Nyoka — “Foto’s”
  9. Eloff – “ATKV”
  10. Prop – “Kwaaitjie”
  11. Eloff – “Witblits”
  12. Droomsindroom – “Ek ly aan”
  13. Eloff – “Johnnie Blou”
  14. Droomsindroom – “Hey sonneblom”
  15. Irene-Louise van Wyk – “Ek sê so”
  16. Brendan Peyper – “Insomnia”
  17. Fatman en Lianie May – “Ditjies en datjies”
  18. Kurt Darren – “Afrikaans is alles”
  19. Zaan Sonnekus – “Monitor”
  20. Gerhard Steyn met Loufi & Jacques du Plessis – “Vat die Cruiser”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe uitreikings

Jemma Catherine. (Foto: Verskaf)

George Rautenbach het al verhoë met bekendes gedeel, soos selfs ʼn operette saam met die legende Christa Steyn.

In 2000 stel hy sy tweede album bekend, en nou, na soveel jaar is hy terug met ʼn splinternuwe enkelsnit uit sy eie pen, “Die antwoord waai in die wind”.

Jemma Catherine het ook pas ʼn nuwe enkelsnit, “Klaar gesmeek”, bekendgestel. Die liedjie handel oor ʼn meisie wie se ou haar verneuk, waarna sy besluit om vir haarself op te staan. Jemma se mentor, die sangeres Janie Bay het ook insae oor die liedjie gelewer voordat dit bekendgestel is.

Ander liedjies wat bekendgestel is, is Kurt Darren se “Afrikaans is alles”, Van der Aven se “Slaap jy al”, Richelle Grant se “Herbou”, Melani J se “Twee is beter as een”, Jaid River se “Stad van verlange”, Deon Meiring se “Offer”, Bouwer Bosch met Henru se “Een in ʼn duisend”, Anneke Coetzee se “Dit voel dit reën” en Zaan Sonnekus se snit, “Monitor”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.