Luister: Kom vaar saam met Maroela Media op dié boot

Kan jy ook nie wag vir die somer om aan te breek nie? Verlig die koue en kom saam met Maroela Media op die Super Sokkie-bootvaart. Jy kan ook sê watter jong opkomende kunstenaars saam met ons moet gaan vaar! Vergeet vir ʼn oomblik van die koue en gaan bespreek sommer nou jou plek.

Gewilde Afrikaanse kunstenaars soos Kurt Darren, Juanita du Plessis, Jakkie Louw, Nicholis Louw, Dirk van der Westhuizen, Jay, Lianie May en Early B is op die Super Sokkie-bootreis 2024 te sien.

Dié groep gevestigde en geliefde kunstenaars, asook MSC Cruises, nooi egter dié keer twee onafhanklike Afrikaanse kunstenaars saam op die bootreis.

Jy lees reg, ja. MSC Cruises en SuperEvents, wat die Super Sokkie-bootreis aanbied, gaan vir twee opkomende Afrikaanse kunstenaars die geleentheid gee om van Durban na die Portugese Eilande – en wie weet, selfs op die wit sand van die eiland self! – die Super Sokkie-bootreisigers van 2024 te vermaak.

Dié kunstenaars is tipies Afrikaanse sangers en liedjieskrywers wat self musiek maak, wat ʼn program van 40 minute kan uitvoer en wat daarvan hou om saam met die gehoor te kuier.

Die kunstenaars hoef ook nie heeltemal onbekend te wees nie. Dalk het hy of sy ʼn paar albums uitgereik, maar nog nie werklik ʼn deurbraak gemaak nie. MSC Cruises sal die kunstenaars se verblyfkostes op die splinternuwe MSC Splendida dek.

Ross Volk, uitvoerende hoof van MSC Cruises Afrika, het in Maroela Media se ateljee dié uitnodiging bekendgemaak.

“Ons is gesteld daarop om ons ondersteuning aan Afrikaans en sy musikante te wys, daarom het ons ʼn paar bootreise, insluitend die Super Sokkie, wat vir Afrikaanse musiekliefhebbers die geleentheid bied om van die taal se grootste sterre op die waters te sien.

“Ons wil graag twee onafhanklike, opkomende kunstenaars saamnooi om die bootreisigers te vermaak van die dek tot die sitkamer tot die kroeg en die casino.”

  • Help ons kies! Weet jy van ʼn wonderlike, opkomende kunstenaar wat ʼn goeie vertoning kan lewer en verdien om raakgesien te word deur duisende bootreisigers? Laat weet ons deur die vorm hieronder in te vul. Die sluitingsdatum is Donderdag, 14 September.

Hierdie vorm is gesluit.

Kyk hier vir meer inligting oor die Super Sokkie-bootreis 2024.

  • Luister bo-aan die berig na ʼn volledige onderhoud met Ross Volk van MSC Cruises en Kurt Darren van SuperEvents.

Bepalings en Voorwaardes

  • Die organiseerders van die geleentheid behou die reg voor om die finale kunstenaars vir die bootreis te kies.
  • Die organiseerders se keuse is finaal en sal nie in korrespondensie oor die finale keuses tree nie.
  • Die gekose kunstenaars sal direk deur die organiseerders gekontak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.