Maroela Media Top 20: 14 September 2015

jennifer-zamudio

Jennifer Zamudio. Argieffoto.

In hierdie week se Top 20 is daar tien snitte wat styg, ses wat daal, twee wat in dieselfde plek bly en twee nuwelinge. Cordelia behou haar eerste plek met “Mal in jou kop”, terwyl Joe Foster na die tweede plek opskuif.

Die twee liedjies wat uitsak, is “Amsterdam” van Dewald Wasserfall en “Ek sing my liedjies net vir jou” van Carike Keuzenkamp. Ampie du Preez se nuwe album is pas vrygestel en die eerste enkelsnit, “Jou mond”, maak sy verskyning in die 19de plek. In die 18de plek is Jennifer Zamudio se nuwe treffer, “Sê dit harder”. “‘n Tas vol Cash” van Adam Tas daal sewe plekke na nr. 16, terwyl Anders en Jakkie Louw elk vier plekke styg en onderskeidelik in die elfde en twaalfde plek is.

Leah is steeds die kunstenaar wat die langste op die Top 20 is; “Met jou klere aan” is vandeesweek 21 weke op die Top 20, en vandeesweek in die veertiende plek.

  1. “Mal in jou kop”- Cordelia
  2. “Mona Lisa”- Joe Foster
  3. “Eendag op ʼn reëndag”- Neil Somers
  4. “Hambamba”- Juanita du Plessis
  5. “Pêrel vir ʼn kroon”- Andriëtte
  6. “Êrens in die midde van nêrens”- Elvis Blue
  7. “Die eggo van jou oë”- Jannie du Toit
  8. “Eie land”- Coffeesnobs
  9. “Die man vir jou”- André Venter
  10. “Geskeurde jeans”- Karlien van Jaarsveld
  11. “Ek onthou”- Anders
  12. “Van toeka tot nou”- Jakkie Louw
  13. “Lentevrolikheid”- Die Ventertjies
  14. “Met jou klere aan”- Leah
  15. “Só het ek jou ma ontmoet”- Pierre Rossouw
  16. “ʼn Tas vol Cash”- Adam Tas
  17. “Tafelberg vir twee”- Brendan Peyper
  18. “Sê dit harder”- Jennifer Zamudio
  19. “Jou mond”- Ampie
  20. “Alles naby my”- Roux en Christi Cloete

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.