Minke Brits debuteer op Top-20

Minke Brits.

Bernice West se “Lyfie” kraai vandeesweek weer koning op die Maroela Media Afrikaanse Top-20.

Die musiekvideo is die afgelope drie maande al meer as 2,5 miljoen keer op YouTube gekyk.

Die broersduo Droomsindroom se jongste enkelsnit, “Ek ly aan”, is in die tweede plek. Barto se “Impulsief” is in die derde plek.

Minke Brits, wat saam met Brendan Peyper die duet, “Meisies en ouens soos jy”, opgeneem het, se debuutenkelsnit, “Bou aan ʼn vrou”, betree vandeesweek die Top-20 in die 20ste posisie.

In vandeesweek se Top-20 is daar drie liedjies wat klim, twee wat hul plek verloor, 14 wat onveranderd bly en een nuwe liedjie wat die Top-20 betree.

  1. Bernice West – “Lyfie”
  2. Droomsindroom – “Ek ly aan”
  3. Barto — “Impulsief”
  4. Die Heuwels Fantasties & Appel – “Nora Vlok”
  5. Barto – “H2oë”
  6. Dodo Nyoka – “Foto’s”
  7. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
  8. Eloff — “Witblits”
  9. Droomsindroom – “Hey sonneblom”
  10. Eloff – “ATKV”
  11. Prop – “Kwaaitjie”
  12. Brendan Peyper – “Insomnia”
  13. Irene-Louise van Wyk – “Ek sê so”
  14. Eloff – “Johnnie Blou”
  15. Fatman & Lianie May – “Ditjies en datjies”
  16. Riaan Benadé – “Spontaan”
  17. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  18. Elizma Theron – “Man so na my hart”
  19. Tashé – “Sal jy vir my wag”
  20. Minke Brits – “Bou aan ʼn vrou”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe uitreikings

In tye van swaarkry moet ons weer bewus word van die hier en nou, sê sangeres en liedjieskrywer Almarie met haar nuwe enkelsnit, “Asem”.

“Ons sê dikwels vir mekaar ‘haal net asem’ wanneer iemand gespanne voel, tog is asemhaling dikwels nie iets waarop ons fokus totdat ons ʼn tekort daaraan beleef nie,” verduidelik Almarie die boodskap van die liedjie.

Eloff het pas sy jongste enkelsnit, “Swipe regs”, uitgereik. Die lied handel oor die soeke na liefde in ʼn moderne en digitale wêreld. Ondanks die prettige toon van die lied, raak die lirieke ook aan die uitdagings en frustrasies van liefde vind.

Ander liedjies wat pas uitgereik is, is Minke Brits se “Bou aan ʼn vrou”, Angel de Lange se “Ek sal my vingers af baklei”, Jaid River se “Verlanger” en WFM se “Dieselfde son”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.