Musiekvideo: Ampie vier Vadersdag met hartroerende liedjie

Ampie se liedjie getiteld ‘Keanu’ is vandag uitgereik.

Die sanger en liedjieskrywer Ampie het ter viering van Vadersdag vanjaar ʼn hartroerende liedjie getiteld “Keanu” vir sy 12 weke oue babaseuntjie geskryf.

Dié liedjie is vandag (Sondag) uitgereik. Die musiekvideo vir die liedjie is ook amptelik beskikbaar.

Ampie beskryf die liedjie as ʼn geskenk aan sy seun, wat Keanu John du Preez heet, en na sy oupa aan vaderskant genoem is. Oupa John is in 1999 dood en was ʼn bekende ginekoloog in die Pretoria-omgewing.

“Die lewenslesse wat ek by my pa geleer het, sal ek net so oordra na my seun. Al sal hy nooit sy oupa ken nie, sal sy stories voortleef. My pa was min gepla oor geld en status en het vir sy familie en vriende gelewe en dit is hoe ek ook probeer lewe.”

Ampie sê hy verkies dit om eenvoudig te leef. “Geld beteken op die ou einde niks nie. Dit maak die lewe makliker in sommige opsigte, maar ek ken miljoenêrs wat nie hul demone kan tem nie.”

Hy sê sy pa het hom met liefde, respek en eer hanteer. “Dit is wat ek my kind wil leer; nederigheid ook. Hierdie lied is vir my ʼn poging as pa om uit te druk hoe ek wil hê my kind moet lewe en ek kan net hoop hy luister na my gebede.”

Die musiekvideo van “Keanu” is deur Willem by Source Video vervaardig. Murray Lubbe en Juan “Floors” Oosthuizen het die liedjie saam met Ampie vervaardig.

Kyk hier na die musiekvideo van “Keanu”:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

OW ·

Uitstekende liedjie.Jou seun sal sy “plain jane” kry,Ampie.

Vonny ·

Ampie jy is n pragtige diepmens. Een van ons beste afrikaanse sangers ..! mooi lied. Geniet jou seun. Hy is gesèen met n great pappa.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.