Prop, Eloff wedywer om topposisie op Top-20

Droomsindroom. (Foto: Verskaf)

Irene-Louise van Wyk se jongste enkelsnit, “Beheer verloor” is Vrydag uitgereik. Dié liedjie maak vandeesweek sy toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die laaste posisie.

Sy het tans twee liedjies in die Top-20: “Tekkies brand” klim vandeesweek een plek na die agtste posisie.

Droomsindroom se splinternuwe uitreiking, “Afrika son”, en Tasché se “Sal jy vir my wag” maak ook hul toetrede tot die Top-20 in onderskeidelik die 11de en 16de posisie.

Eloff neem weer sy plek in op no. 1 met “Witblits”.  Prop se trefferlied “Kwaaitjie” verloor dus sy plek in die topposisie en val met een plek terug na no. 2.

In vandeesweek se Top-20 is daar vyf liedjies wat klim, nege wat hul plek verloor, drie wat onveranderd bly en drie liedjies wat hul toetrede tot die Top-20 maak.

  1. Eloff – “Witblits”
  2. Prop – “Kwaaitjie”
  3. Droomsindroom — “Hey sonneblom”
  4. Brendan Peyper – “Insomnia”
  5. Riaan Benade & Jay – “Rowwe bliksem”
  6. Eloff – “Johnnie blou”
  7. Riaan Benade – “Spontaan”
  8. Irene-Louise van Wyk — “Tekkies brand”
  9. Elandré – “Lieflik”
  10. Lianie May – “Bietjie Benoni”
  11. Droomsindroom – “Afrika son”
  12. Bernice West – “Jona”
  13. Riaan Benade & Ricus Nel – “Haai haai”
  14. Bernice West – “Nie jou X nie”
  15. Karlien van Jaarsveld & Jacob Swann – “Lief”
  16. Tasché – “Sal jy vir my wag”
  17. Elandré – “Hand aan hand”
  18. Barto – “H2Oë”
  19. Rooksein – “Genade nader”
  20. Irene-Louise van Wyk – “Beheer verloor”

*Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe uitreikings

Sarel Kleinhans.

“Ons is almal dieselfde mense onder die dieselfde Afrika-son,” het Kirsten Schlebusch van die broer-duo, Droomsindroom, in die Maroela Media-ateljee vertel.

Die twee Schlebusch-broers van Pretoria-Oos se debuutsnit, “Hey sonneblom”, verskyn tans nog in die Maroela Media Afrikaanse Top-20 en het verskeie kere in die no. 1-posisie gepronk.

Die musiekvideo van hul jongste enkelsnit, “Afrika son”, is Vrydag uitgereik en is op Loftus Versfeld in Pretoria geskiet.

Sarel Kleinhans se debuutenkelsnit, “Blommetuin” is pas bekendgestel. Hy dra die liedjie op aan sy vrou, Mariaan.

“Die lewe het ʼn manier om jou na vreemde plekke en soms ʼn paar grondpaaie te lei, en as jy die regte persoon ontmoet, dan tel hulle jou op, stof jou af en ruk jou weer reg,” vertel Sarel.

Musiek loop sterk deur sy are – sy broer is die bekende sanger en liedjieskrywer Herman Kleinhans, voorheen van die duo TWEE en deesdae uiters gewilde solokunstenaar.

Ander liedjies wat die afgelope week bekendgestel is, is Christiaan Baartman se “Dis jy”, Dewald Gouws en Hemelbesem se “Die evangelie”, Pieter Marcato se “Kuier tot die son opkom”, Dagbreek se “Net nog ʼn slukkie”, Irene-Louise van Wyk se “Beheer verloor” en Frikkie van Biljon se “Huis”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.