Riaan Benadé steek Irene-Louise verby op Top-20

Cornel Viljoen het aanvanklik ʼn rockliedjie in gedagte gehad met sy jongste enkelsnit, “As jy naby is”.

Nadat hy dit egter op die klavier gespeel het, het hy besef dat dit ’n sagter aanslag moes hê. Hy het die opname self behartig en met die hulp van Peach van Pletzen gefinaliseer.

Johan de Kock was verantwoordelik vir die opname van die besonderse musiekvideo. Dit is op die Vrystaatse dorpie Memel geskiet.

Ander nuwe liedjies wat die afgelope week bekendgestel is, is André Armant en Abel Knobel se “Ons sal oorleef”, Die Heuwels Fantasties en Spoegwolf se “Eggo”, Pelican State se “Swaai en veg”, Spoegwolf se “Onbreekbaar”, Zybrandt se “Vlerke” en ShoNeill se “Wakker raak”.

Die week se Maroela Media Afrikaanse Top 20:

Riaan Benadé. (Foto: Skermgreep uit video)

Irene-Louise van Wyk verloor haar plek in die no. 1-posisie dié week en val terug na die no. 2-posisie. Riaan Benadé neem weer die voortou met “Spontaan”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vier snitte wat styg, 15 wat daal en een wat onveranderd bly.

  1. Riaan Benade – “Spontaan”
  2. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  3. Appel — “Dina”
  4. Ricus Nel – “Ploeg jy”
  5. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  6. Reën – “Stof”
  7. Franja du Plessis – “Bring dit”
  8. Brendan Peyper – “Die wolf”
  9. Bernice West – “Hemel op aarde”
  10. Rooksein – “Damlelielief”
  11. Tasché – “Baby, ek bly”
  12. Martin Bester – “Lilly”
  13. Spoegwolf – “Silwer”
  14. Dirk van der Westhuizen – “Vir altyd”
  15. Christia Visser  – “Kaapse blou”
  16. Steve Hofmeyr & Touch of Class – “’n Pa se hart”
  17. Appel – “Boerenooi”
  18. Kurt Darren – “Blok party”
  19. Reën – “Vrystaat vlaktes”
  20. Brendan Peyper – “Warm nog op”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.