Steve Hofmeyr, Anneli van Rooyen tref op Top-20

Steve Hofmeyr het ‘n liedjie vir sy dogtertjie, Romy-Lee, geskryf. (Foto: Verskaf)

Wie sou kon dink die Afrikaanse musiek-ikoon Anneli van Rooyen sou weer in 2024 in die Maroela Media Afrikaanse Top-20 verskyn?

“Neem my op vlerke” is geen onbekende lied nie, maar dié snit is onlangs met ʼn voetstamp-ritme verwerk en betree vandeesweek die Top-20 in die 20ste plek.

“Neem my op vlerke” vier vanjaar sy 40ste herdenking en is die eerste snit wat verskyn in Anneli se album getiteld, Ek wil jou ken, wat in 1984 uitgereik is.

Steve Hofmeyr se jongste liedjie is geskryf vir sy dogtertjie, Romy-Lee. Die liedjie heet “Romy” en is geskryf op die wysie van “Cindy”, die bekende treffer van die sewentigs. Dié liedjie betree die Top-20 in die 12de posisie.

In ʼn onlangse onderhoud het Maroela Media met Steve gesels oor dié liedjie. Lees die artikel hier.

Eloff neem ook weer die no. 1-posisie in met “Vlerke”. Die koorgedeelte bevat ook die liriek van Anneli se lied, “Neem my op vlerke”.

In vandeesweek se Top-20 is daar ses liedjies wat klim, drie wat onveranderd bly, twee wat die toplys betree en nege liedjies wat hul plekke verloor.

 

1. Eloff – “Vlerke”
2. Brendan Peyper – “Soen soos wat jy dans”
3. Bernice West saam met Bok van Blerk – “Die Afrikaner maak so”
4. Riaan Benadé – “Boksemdais”
5. Die Piesangskille – “Inge 2”
6. Demi Lee Moore – “Hart breek”
7. Chris Steyn – “Helemal”
8. Dodo Nyoka – “Country girl van Bloem”
9. Brendan Peyper – “Moegdans”
10. Die Piesangskille – “Lyntjie”
11. Die Piesangskille – “Haar naam was Somer”
12. Steve Hofmeyr – “Romy”
13. Juanita du Plessis – “Liewe jinne”
14. Appel – “Buffels van Buffelsfontein”
15. Bok van Blerk – “Dis raak”
16. Barto – “H2Oë”
17. Droomsindroom – “Dans alleen”
18. Elandré – “Asseblief”
19. Karlien van Jaarsveld – “Als is okay”
20. Anneli van Rooyen saam met SENSASIE – “Neem my op vlerke”

Maroela se keuse:

Een van Maroela Media se spanlede deel weekliks vyf van hul gunsteling Afrikaanse liedjies. Geniet die verskeidenheid!

Zandeleen Thygesen, senior datakoördineerder, deel die vyf Afrikaanse liedjies wat vandeesweek vir haar uitstaan:

1. “Dans deur die donker” – Fokofpolisiekar
2. “Die lig” – Glaskas
3. “Verstaan jou nou” – Janine
4. “Terapie vir nou” – Zaan Sonnekus
5. “Vir Angie” – Van Pletzen

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

skurweberg ·

Wat se ‘n mens nou, want niemand kan die eerste klip gooi nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.