‘Swing’, ʼn unieke Aardklop-luisterervaring

Tim Kliphuis en Charl du Plessis. (Foto: verskaf)

Vir Charl du Plessis is ’n kunstefees soos ’n driegangmaaltyd met voorgereg, hoofgereg en ’n onvergeetlike poeding, gevul met klassieke melodieë, om die ete mee af te sluit.

Du Plessis, ’n Suid-Afrikaanse Steinway-pianis, en Tim Kliphuis, ’n Nederlandse vioolvirtuoos, maak eersdaags ʼn Potchefstroomse draai om die soete klassieke klanke van hul verhoogvertoning, Swing, met feesgangers tydens die Momentum Beleggings Aardklop-kunstefees te deel.

“Dis iets totaal uniek. Daar is nie kunstenaars of vertonings in Suid-Afrika wat vergelyk kan word met dit wat ons doen nie,” het Du Plessis aan Maroela Media vertel.

“Die luisteraar wat hou van goeie instrumentele musiek, wat hou van iets mooi, strelend en waarna ʼn mens lekker kan luister gaan die vertoning geniet. Daar is niks in die vertoning wat moeilik of swaar is om na te luister nie.”

Die musiek wat tydens die vertoning uitgevoer word wissel van barok en klassiek tot jazz. Dit beloof om ʼn unieke luisterervaring uit die boonste rakke te wees.

Die musiekervaring vind op Sondag 2 Oktober om 15:00 in die kykNET-konservatorium op Potchefstroom plaas.

Diegene wat egter nie saam met dié twee meesterlike musikante ʼn draai in die studentedorp kan maak nie, kan hul vere regskud vir ʼn hele paar vertonings wat binnekort op ʼn verhoog naby aan hulle kom kuier.

Hier is ʼn volledige lys van die Swing-vertonings wat binnekort plaasvind:

  • 14 September om 18:00: Etienne Rousseau Teater, Sasolburg. Kry jou kaartjies hier.
  • 18 September om 16:00: Old Nectar, Stellenbosch (uitverkoop)
  • 23 September om 18:00: Ghenwa’s Culinary Klub, Lourensford Estate. Stuur ʼn e-pos na [email protected] om kaartjies te bespreek.
  • 24 September om 11:00: Baxter-konsertsaal, Kaapstad. Kry jou kaartjies hier.
  • 25 September om 11:00: Glenshiel, Johannesburg. Stuur ʼn e-pos na [email protected] om jou kaartjies te bespreek.
  • 25 September om 17:00: Atterbury Teater, Pretoria. Kry jou kaartjies hier.
  • 27 September om 18:30: Cape Karoo Emporium, Oudtshoorn. Stuur ʼn e-pos na [email protected] om jou kaartjies te bespreek.
  • 28 September om 19:30: Dias Museum, Mosselbaai.
  • 29 September om 19:30: NMU, Gqeberha. Stuur ʼn e-pos na [email protected] om jou kaartjies te bespreek.
  • 2 Oktober om 15:00: kykNET Konservatorium. Kry jou kaartjies hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.