Vars Bernice, Droomsindroom-snitte op Top-20

Bernice West. (Foto: Facebook/Christo Griessel)

Kirsten Richards en Kyle Joshua, die broersduo van Droomsindroom, se jongste enkelsnit getiteld “Plek vir my” debuteer vandeesweek op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 19de plek. “Plek vir my” is geskryf deur Kirsten en vervaardig deur Peach van Pletzen.

Rooksein het ook pas hul nuutste skepping, “So onskuldig”, bekendgestel. Dié liedjie maak vandeesweek sy toetrede tot die Top-20 in die 17de posisie.

Bernice West se nuwe liedjie, “Hy jy jy”, is op die ingewing van die oomblik opgeneem en sou aanvanklik nie deel vorm van haar nuwe digitale album wat sy by haar platemaatskappy in Kaapstad sou opneem nie.

“Ons was op pad Kaap toe om my nuwe album op te neem en ons was seker dat ons al die liedjies daarvoor het, maar toe gebeur iets bonatuurliks,” vertel Bernice.

“Die aand voor ons vlieg, stuur die Here twee volledige melodies en lirieke uit die bloute vir my. Ek het eers toe ons in die Kaap aankom dit vir my platemaatskappy gespeel, want ek was nie seker hoe hulle sou reageer nie oor die album wat so te sê voltooi was.

“Hulle reaksie was oorweldigend en ‘Hy jy jy’ word toe die eerste liedjie wat ons opneem. Ek het geleer om aan te hou vra en te luister al dink jy die album is volledig. ‘Hy jy jy’ gaan oor Suid-Afrika wat weer saamstaan en terugdraai na God toe.”

Die musiekvideo is in die Mabalingwe-natuurreservaat geskiet en is reeds meer as 133 000 keer op YouTube gekyk.

Nolene se “Hou bene hou” betree ook die week se Top-20 in die 13de posisie.

Eloff bly vir eers nog op die no. 1-posisie.

In vandeesweek se Top-20 is daar vyf liedjies wat klim, vyf wat onveranderd bly, drie wat die treffersparade betree en sewe wat hulle plekke verloor.

1. Eloff – “Vlerke”
2. Riaan Benadé – “Boksemdais”
3. Brendan Peyper – “Soen soos wat jy dans”
4. Die Piesangskille – “Diepseeduiker 17”
5. Bernice West saam met Bok van Blerk – “Die Afrikaner maak so”
6. Demi Lee Moore – “Hart breek”
7. Die Piesangskille – “Inge 2”
8. Bernice West – “Hy jy jy”
9. Die Piesangskille – “Haar naam was Somer”
10. Chris Steyn – “Helemal”
11. Bobby van Jaarsveld – “Verlore seun”
12. Brendan Peyper – “Moegdans”
13. Nolene – “Hou bene hou”
14. Ruhan du Toit – “Mag ek jou laaste wees”
15. Dodo Nyoka – “Country girl van Bloem”
16. Steve Hofmeyr – “Romy”
17. Rooksein – “So onskuldig”
18. Appel – “Buffel van Buffelsfontein”
19. Droomsindroom – “Plek vir my”
20. Die Piesangskille – “Lyntjie”

Maroela se keuse:

Steve Hofmeyr. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Een van Maroela Media se spanlede deel weekliks vyf van hul gunsteling Afrikaanse liedjies. Geniet die verskeidenheid!

Nico Strydom, redakteur, deel die vyf Afrikaanse liedjies waarna hy vandeesweek luister:

1. “Hillbrow” – Johannes Kerkorrel
2. “Bly” – Karen Hougaard
3. “Agter elke man” – Steve Hofmeyr
4. “Soldaatvolk” – Foto na Dans
5. “Ek skyn (Heilig)” – Fokofpolisiekar

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.