Video: Man wat duet alleen sing laat internet gons

Marcelito Pomoy op die 'America's Got Talent'-verhoog.

Marcelito Pomoy op die ‘America’s Got Talent’-verhoog.

Marcelito Pomoy trek wêreldwyd aandag nadat hy by die gewilde talentsoekkompetisie America’s Got Talent se Champions-reeks self ʼn duet in twee stemme gesing het.

Pomoy (35), ʼn Filippynse sanger wat in 2011 die wenner van die talentsoekkompetisie Pilipinas Got Talent was, het “The Prayer” deur Céline Dion en die operasanger Andrea Bocelli aangepak, tot die gehoor én die beoordelaars se verbasing. Die video het reeds meer as 16 miljoen trefslae op YouTube.

Simon Cowell, wat berug daarvoor is dat hy ʼn tawwe koekie is wanneer dit kom by talentsoekery, en die model Heidi Klum, sangeres Alesha Dixon en die Kanadese akteur en komediant Howie Mandel was duidelik onkant gevang toe Pomoy in twee verskillende stemme sing.

Marcelito leef nou sy droom op die verhoog uit. (Foto: Instagram/Marcelito Pomoy)

Marcelito leef nou sy droom op die verhoog uit. (Foto: Instagram/Marcelito Pomoy)

Pomoy het ook die beoordelaars en gehoor vertel van sy hartseer kinderlewe. Hy is op sewejarige ouderdom wees gelaat toe sy pa tronk toe is en sy ma hom alleen agtergelaat het om na sy suster om te sien. Pomoy is later deur ʼn polisiebeampte aangeneem.

Hy het vertel dat hy Pilipinas Got Talent as ʼn platform gebruik het om sy familie op te spoor. Die hele land het ingespring om te help soek nadat sy eerste oudisie uitgesaai is. “Ek het gehoop dat my familie my sou hoor sing,” het Pomoy gesê.

Sy familie was teenwoordig toe hy as wenner van Pilipinas Got Talent aangewys is. “Dit was die wonderlikste oomblik van my lewe,” het Pomoy emosioneel gesê.

“My lewe het oornag verander. Ek het gegaan van iemand wat op die straat woon na iemand wat bekend is. Die hele land het oor my gegons, maar die beste deel van alles was om my vrou te ontmoet.”

Hy is getroud met Joan Paraiso en hulle het een dogter, Marcella Janiah.

Kyk hier na die video:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

my opinie ·

al wat ek kan se is WOW WOW WOW soveel talent gee my skoon hoendervleis, God is groot dis voorwaar!!!!!

Swannie ·

Van iemand wat op straat gewoon het na `n wenner van `n sang kompetisie ?

Nie korrek nie en hy speel op mense se gevoel, aangesien hy dan aangeneem is deur `n polisiebeampte. Glo nie die beampte het ook op straat gewoon nie.

Cathy ·

Hierdie man het ‘n God-gawe. Dit roer my hartsnare. Ek is stomgeslaan!

Capie ·

Iemand dalk al van ons eie Chris Cameleon gehoor

Die ou is nie sleg nie, maar daar was al ander voor hom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.