‘Vleisvreters’ vreet pad oop tot op Top-20

Adam Tas en Neil Somers is onherkenbaar as twee grotmanne in die musiekvideo van hul jongste enkelsnit. (Foto: Verskaf)

Adam Tas en Neil Somers se jongste enkelsnit, “Vleisvreters”, betree vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 20ste posisie.

Dié tong-in-die-kies liedjie is verlede week uitgereik saam met ʼn musiekvideo waarin dié twee sangers as grotmanne uitgebeeld word.

Brendan Peyper se “Nee of ja” betree ook vandeesweek die Top-20 in die vyfde posisie. Die liedjie vaar tans baie goed op stromingsplatforms. Brendan se “Toer om die vloer” beklee tans die sewende plek terwyl “Insomnia” in die 15de plek is.

Droomsindroom se jongste enkelsnit, “Ek ly aan”, het goed gedoen in die eerste twee weke nadat dit bekend gestel is. Dit het egter so bietjie momentum verloor en val vandeesweek na die 10de plek.

Barto se “Impulsief” is vandeesweek terug in die eerste plek.

In vandeesweek se Top-20 is daar ses liedjies wat klim, nege wat hulle plek verloor, drie wat onveranderd bly en twee nuwe liedjies op dié trefferlys.

  1. Barto – “Impulsief”
  2. Bernice West – “Lyfie”
  3. Die Heuwels Fantasties en Appel — “Nora Vlok”
  4. Barto – “H2Oë”
  5. Brendan Peyper – “Nee of Ja”
  6. Dodo Nyoka – “Foto’s”
  7. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
  8. Droomsindroom — “Hey sonneblom”
  9. Eloff – “Witblits”
  10. Droomsindroom – “Ek ly aan”
  11. Eloff – “ATKV”
  12. Irene-Louise van Wyk – “Ek sê so”
  13. Eloff – “Johnnie Blou”
  14. Prop – “Kwaaitjie”
  15. Brendan Peyper – “Insomnia”
  16. Fatman en Lianie May – “Ditjies en datjies”
  17. Riaan Benadé – “Spontaan”
  18. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  19. Tasché – “Sal jy vir my wag”
  20. Neil Somers en Adam Tas – “Vleisvreters”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe uitreikings

Adam Tas, Neil Somers en Conrad Theron, regisseur van die “Vleisvreters”-video. (Foto: Verskaf)

Neil Somers en Adam Tas het vir hul jongste enkelsnit, “Vleisvreters”, se musiekvideo ʼn algehele gedaanteverwisseling ondergaan.

Die video is by Leeuwenkloof buite Hartbeespoortdam geskiet. Die konsep van die musiekvideo is deur die lied se lirieke geïnspireer.

“Hierdie is ʼn uiters unieke en speelse video. Ek het nog nooit só iets in die Afrikaanse genre gesien nie. Dis alles lekker tong in die kies,” het Adam vroeër in Maroela Media se ateljee gesê.

Ander liedjies wat uitgereik is, is Brendan Peyper se “Nee of Ja”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.