Wen: Jennifer, Riaan op Pta-verhoog te sien

Jennifer Zamudio en Riaan Grobler. (Foto: Liezel Scheppel/Picture Perfect Studios)

Op Vrydag 1 April snoer twee van Afrikaans se gewildste kunstenaars, Jennifer Zamudio en Riaan Grobler, kragte saam om ʼn opwindende konsert in Pretoria op die planke te bring.

Jennifer en Riaan het in 2020 die duet “Liefdeshartaanval” uitgereik en sal op dié konsert in die AfriForum-teater die liedjie saam met ʼn keur van hulle ander treffers sing.

Jennifer, wat reeds 21 jaar ʼn bekende stem in die Afrikaanse musiekbedryf is, sal liedjies soos “Hart se loper” en “Dalk” sing, terwyl “Die hemel gooi sy sterre”, “Was dit dalk te laat” en “Die boek” op Riaan, wat ook radio-omroeper by Pretoria FM is, se lysie is.

“Daar is dalk ook ʼn lekker verrassing van my kant af,” sê Jennifer, wat tans hard in die ateljee besig is met opnames van nuwe musiek.

Die konsert vind op 1 April om 20:00 by die AfriForum-teater plaas en kaartjies kan by www.afriforumteater.co.za bespreek word.

WEN: Vier gelukkige lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen na Jennifer Zamudio en Riaan Grobler se vertoning op Vrydag 1 April by die AfriForum-teater in Pretoria. Die wenners sal per e-pos aangekondig word. Die kompetisie sluit Vrydag 25 Maart om middernag en die wenners sal op Maandag 28 Maart aangekondig word.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Vier deelnemers word lukraak as wenners aangewys.
  • Die organiseerders sal die kaartjies direk per e-pos na die wenners stuur en alle verdere navrae hanteer.
  • Elke wenner ontvang ʼn dubbelkaartjie om Jennifer Zamudio en Riaan Grobler se konsert op 1 April by die AfriForum-teater by te woon.
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie.
  • Die pryse kan nie vir kontant geruil word nie.
  • Wenners is self verantwoordelik vir enige uitgawes om die geleentheid by te woon, onder andere reiskoste, verblyf, etes en drinkgoed.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Maroela Media mag met deelnemers kontak maak vir vrywillige ondersteuning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.