Wen kaartjies na die Bosveld Musiek Karnaval

Twaalf van die land se beste Afrikaanse kunstenaars sal Saterdag 15 Oktober vir twaalf aaneenlopende ure vermaak vir besoekers verskaf. (Foto: Verskaf)

Twee gelukkige Maroela Media-lesers staan die kans om hul gesinne te trakteer met ʼn uiters unieke musiekfees in die Bosveld.

Die Bosveld-musiekkarnaval vind van 14 tot 16 Oktober by die Sondela-natuurreservaat buite Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo plaas en besoekers kan uitsien na puik kampeergeriewe, talle pretaktiwiteite, knetterende braaivleisvure én 12 uur se sangvermaak onder die Bosveld-sterre.

Altesaam 12 van die land se beste Afrikaanse kunstenaars, onder wie Karlien van Jaarsveld, Kurt Darren, Nicholis Louw, Leah en Ruan Josh, sal Saterdag 15 Oktober vir 12 uur aaneenlopend vermaak vir besoekers verskaf en twee Maroela Media-lesers kan elk vier kaartjies na dié reeks vertonings wen.

Gesinne kan ook uitspan vir ʼn naweek vol pret, vermaak en samesyn by Sondela se geriewe, wat onder meer warmwaterswembaddens, wildritte, perdrygeleenthede, spa-behandelings en vele meer insluit.

Grommende mae kan uitsien na dié reservaat se splinternuwe restaurantarea, sowel as kenmerkende “karnavalkos” wat deurlopend te koop sal wees. Dors kan geles word by ʼn verskeidenheid Ketelkraal-kroeë of die Van Loveren-wyntuin.

Benewens Sondela se wêreldklas‑akkommodasie, wat chalets en kampering insluit, kan gaste ook kies om in toegeruste tenthuise te vertoef.

  • Akkommodasie in ʼn tenthuis vir twee kos R1 800.
  • Kaartjies vir die konsert kos R150 vir kinders onder die ouderdom van 12 en R250 vir volwassenes.
  • Toegeruste tente en konsertkaartjies kan deur TicketPro by ekspo.co.za gekoop word.

Wen!

Vul die kompetisievorm hieronder in om die kans te staan om ’n stel van vier kaartjies vir die Bosveld-musiekkarnaval los te slaan.

Die kompetisie het gesluit.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Sondag 9 Oktober om 23:45.

  • Die kaartjies is slegs geldig vir 15 Oktober 2022.
  • ’n Wenner sal lukraak gekies word.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind waarna Maroela Media per e-pos en/of telefonies met die wenner in verbinding sal tree.
  • Die wenner sal ook op Maroela Media bekend gemaak word.
  • Die prys(e) kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die wenner is self vir reis- en verblyfreëlings verantwoordelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.