Wen: Vyf dubbelkaartjies na Lekkerland Carnival op die spel

Elandré op die verhoog by die Lekkerland Carnival. (Foto: Facebook/Lekkerland Carnival)

King Price se Lekkerland Carnival word Saterdag 13 Mei by die Pretoria Botaniese Tuin aangebied.

Prime Circle, Elandré, Matthew Mole, Irene-Louise van Wyk en Georgetown sal saam met Ryno Velvet, Pedro Barbosa en Zaan Sonnekus die dag se vermaak verskaf.

Die Lekkerland Carnival is geskik vir die hele gesin. Die fees is sedert 2017 aangebied in Dullstroom, Mpumalanga, maar word vanjaar in die Jakarandastad aangebied.

Dit is die gulde geleentheid vir vriende en familie wat hou van goeie musiek en baie pret om tyd saam deur te bring.

‘n Groot verhoog met uitstekende klank onder die blou, beeldskone lug, tesame met ’n kleurvolle karnavalspeelterrein waar kinders lekker kan speel, maak die Lekkerland Carnival een van die lekkerste uitstappies wat jy vanjaar vir jou gesin kan beplan.

Ross Learmonth van Prime Circle sê die fees lyk vir hom soos enige musiekaanhanger se droom. “Die klanktoerusting toring in die lug in asof dit uit die grond groei, daar is baie kroeë met geen rye nie, en die musiek is so ongelooflik fantasties dat jou vriend nie eers sal durf om in jou oor te praat as jy die hele dag lank net musiek wil luister nie.”

Elandré vertel sy idee van die Lekkerland Carnival is om “musiek te maak met kitaar in die hand voor ’n vuurwarm gehoor”.

“Ek en die Buchu Bende kan nie meer wag nie, sien julle daar!”

“By King Price glo ons dat werk en pret hand-aan-hand gaan. Ons werk lekker en ons speel lekker,” sê De Wet van Deventer, hoof van bemarking by King Price.

“Ons is baie opgewonde oor vanjaar se Lekkerland Carnival en wil almal aanmoedig om die dag saam met ons te kom geniet.

“Dit is juis ons wens dat vriende en familie vir die dag sorgvry saam sal kuier met van Suid-Afrika se beste kunstenaars, karnaval-ritte, kroeë en kosstalletjies. Daar is iets vir almal.”

Kaartjies kos R280 elk en is hier beskikbaar, asook by Usave, Shoprite en Checkers Money Markets. Kinders onder 15 kry gratis toegang. ‘n Gelisensieerde biertent en ‘n verskeidenheid kosstalletjies sal beskikbaar wees.

WEN:

Vyf gelukkige lesers kan elkeen ‘n dubbelkaartjie na die Lekkerland Carnival op Saterdag 13 Mei by die Botaniese Tuin in Pretoria wen. Al wat jy moet doen, is om jou besonderhede in die kompetisievorm onderaan hierdie artikel in te vul.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Donderdag 27 April om middernag. Die wenner sal per e-pos in kennis gestel word.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die kompetisie sluit op Donderdag 27 April om middernag.
  • Wenners sal lukraak gekies word.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind waarna Maroela Media met die wenner in verbinding sal tree.
  • Sodra alle wenners gereageer het, sal hul name op sosiale media en op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Wenners is self vir reis- en verblyfreëlings verantwoordelik.
  • Deelnemers moet in Suid-Afrika woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.