
Bridget Masinga (Foto: Verskaf)
Die JacarandaFM-omroeper, Bridget Masinga, roep in September vanjaar ook dié radiostasie vaarwel toe.
JacarandaFM het dié nuus Woensdagoggend in ʼn verklaring bekendgemaak.
Masinga se bedanking volg op die nuus dat Rian van Heerden, gewilde aanbieder van die Complimentary Breakfast, einde vanjaar die leisels oorgee.
Masinga is bekend as omroeper van die eerste gedeelte van die Workzone-program.
“My tyd by JacarandaFM was ʼn opwindende leerervaring. Dié stasie het my die geleentheid gebied om betrokke te raak by verskillende projekte, wat waardevol en uitdagend was,” het sy gesê.
Volgens Kabelo Ngobese, JacarandaFM woordvoerder, gaan dié radiostasie op 15 Augustus Masinga se opvolger bekendmaak.
Masinga sal na verwagting ook op 15 Augustus aankondig na watter stasie sy skuif.
“Dit was ʼn lekker program om aan te bied. Ek en die luisteraars het gewoond geraak aan mekaar en dit is alles te danke aan my ongelooflike span. Maar soos die gesegde lui, alle goeie dinge kom tot ʼn einde,” het sy bygevoeg.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
23 Kommentare
Dankie tog ek is baie bly haar keuse in musiek het my afgesit
Sy het nou my dag gemaak….
Kan glad nie haar program uitstaan nie! Vaarwel! Gaan Rian beslis mis!
Jipieeeeeee!!!!! Beste nuus ooit!!!!!!
Luister nie meer Jakaranda nie kan nie hulle musiek uitstaan nie. Ook geen verlies dat sy gaan nie.