Haai, oe! Liewe Heksie span nou haar besem in as visstok

Deon van Zyl en Margit Meyer-Rödenbeck op die verhoog. (Foto: Verskaf)

Verna Vels se geliefde fiktiewe karakter Liewe Heksie is terug. Dié keer span sy haar besem in as ’n visstok, maar “haai, oe, Blommie”, dit sukkel maar om ’n vis te laat byt.

Boonop raak Koning Rosekrans se forelle minder. Is Levinia die skuldige of is die nare Geelheks ook weer in die prentjie?

Margit Meyer-Rödenbeck klim terug in dié bekende karakter se skoene vir Liewe Heksie vang vis en gaan haar aas tussen Mei en August vir opvoerings reg oor die land uitgooi.

Deon van Zyl sluit by Meyer-Rödenbeck aan in die rolle van Karel Kat, die Geelheks en Koning Rosekrans.

Dié unieke vertonings beloof om klein én groot kaboutervriende van “Menseland” te boei danksy prettige gehoordeelname en voortsnellende aksie.

Liewe Heksie lê Margit baie na aan die hart. (Foto: Verskaf)

In 2022 het dié span die ABSA KKNK Kanna-toekenning ontvang vir beste kinderteaterproduksie en is in 2023 genomineer vir ʼn Fleur du Cap-toekenning.

Liewe Heksie is ʼn karakter wat Meyer-Rödenbeck ook baie na aan die hart lê.

“Verna Vels het ʼn juweel van ʼn karakter geskep. Nie net Heksie nie, ander karakters ook. Sy het die spyker absoluut op die kop geslaan, en was haar tyd ver vooruit. Heksie is humoristies. Haar vergeetagtigheid maak haar geliefd en menslik, kinders kan hulle identifiseer daarmee,” het sy vroeër aan Maroela Media vertel.

Koop vandag nog jou kaartjies vir Liewe Heksie vang vis:

Kyk ook uit vir hierdie vertonings:

  • 10 Junie by Curro Durbanville Hoërskool
  • 23 en 24 Junie by Huisgenoot Kinderfees, Johannesburg
  • 12 Augustus by Kalfiefees, Sandbaaisaal, Onrus
  • 26 Augustus by Welgemoed Kunstefees, Bellville

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.